Margaret gesels met Adam Driver in Venesië

Margaret gesels met Adam Driver in Venesië deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Venesië, dag twee:

Margaret gesels met Adam Driver in Venesië

Ja, ek dra my Geek sonbril. Want ek het sakkies onder my oë. En nee, ek gaan nie my bene wys nie, want dis vol super-aantreklike muskietbyte!

Lees ook: Margaret in Venesië, dag 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Net om jou vinnig weer in die prentjie te sit: ek is in Venesië. Ek is vlugvoos, en ek het nie geslaap nie. Ek het plooie op my plooie. Ek is ontwater EN… ek het video-onderhoude vir my YouTube-kanaal. Dit word digitaal opgeneem en wys elke krakie en krater. En my plooie laat die Grand Canyon soos ‘n klein slootjie lyk. Daar is ook nog die ekstra vreugde van ‘n kanker-litteken op my gesig, en die kamera is DOL oor hom.

Lees ook: Margaret praat oor die op en af van 2018

Maar ek is gelukkig. My litteken kon soveel erger gewees het. Maar dit slaan my steeds winduit as ek na die skewe slootjie langs my neusbrug kyk, of sien hoe die litteken ‘n knop vorm aan die kant van my neus. Maar steeds, ek is gelukkig. So, ek sal eerder fokus op die slote en kraters langs my oë.

Hmmmm.

So, dís hoe ek deesdae lyk.

Oukei.

Maar wat kan ek sê? Gelukkig kom niemand YouTube toe om te kom kyk hoe ek lyk nie. Ek hoop altans nie so nie …

Lees ook: Die dinge wat mense kwytraak

Ek het nog nooit tevore ’n onderhoud gevoer met Adam Driver, die ster van Marriage Story, nie. Hy was ook te sien in die TV-program Girls, en ook (taamlik oorweldigend en haatlik) in Star Wars.

In my vorige blog het ek verwys na sy spel in Marriage Story, ‘n nuwe fliek oor ‘n huwelik wat onherstelbaar verbrokkel. Hy is regtig net so goed daarin soos Laura Dern. Ek was ‘n bietjie bekommerd oor die onderhoud (in die lig van my vlugvoosheid en die min slaap).

Ek het pas ‘n onderhoud gehad met Gerard Butler, wat die hoofrol speel in die fliek 300 en wat ook tans te sien is in die lokettreffer Angel Has Fallen. Ek dink hy word totaal onderskat as akteur. Wanneer jy na ‘n lys van sy werk gaan kyk, sal jy sien hoe veelsydig hy is – maar die draaiboeke van die flieks waarin hy speel, het soms ‘n swak plek.

Lees ook: Gerard Butler draai dinge om

Dus wou ek vir Gerard ‘n verskeidenheid vrae vra wat verskillende kante van sy persoonlikheid sou belig, maar dit was duidelik ‘n bietjie vreemd vir hom. Tog het dit gewerk.

Hy is ‘n gawe ou wat daarvan hou om te lag, en ek het hom uitgevra soos ‘n mens met ‘n hooggeplaaste van die Verenigde Nasies sou maak in ‘n onderhoud. Alles baie ernstig. Reg teen die einde het ek hom gevra vir ‘n (slegte) grappie, en hy het ingestem. Die interaksie tussen ons – hy het net so hard gelag soos ek – het die hele onderhoud gemaak. Maar dit het my laat nadink oor my benadering tot onderhoude.

Die aard van die onderhoud is die grootste uitdaging. Jy kry vier minute om met iemand te praat. Jy moet uitvra oor die fliek, en of dit ‘n moeilike karakter is of iemand wat wegbreek van sosiale verwagtings. Jy wil dit vra, maar jy wil ook nie presies dieselfde vrae vra as elke ander onderhoudvoerder nie. Maar hoe gaan mens dieper in ‘n skrale vier minute? Dan is daar boonop ‘n akteur wat nie die strekking van jou vraag verstaan nie, en net praat oor een of ander obskure punt. Moet jy die vraag herhaal, maar op ‘n ander manier, of aanvaar dat die antwoord onbruikbaar is? En as jy laasgenoemde aanvaar, wat van die opvolgvraag? Dan is dit eintlik maar die einde van die onderhoud.

Lees ook: Voel goed!

Dan is daar akteurs wat glad nie sensitief is vir die formaat nie, en ‘n vervelige, drie minuut-lange antwoord gee. Mens kan tog nie vir hom se hy’s vervelig nie. Jy durf hom ook nie in die rede val nie.

Ek het al probeer, glo my. Toe die betrokke akteur ‘n oomblik stop om asem te haal, het ek my volgende vraag probeer inglip. Maar ek is dadelik op my plek gesit met ‘n “gaan jy my ooit ‘n kans gee om vraag te antwoord?” Wow! Ummm. Gaan jy my meer tyd gee vir ‘n onderhoud sodat ek dalk bruikbare antwoorde kan kry?

Lees ook: Oor magspel en gesinsrolle in Succession

Margaret gesels met Adam Driver in Venesië

Dus, toe ek oorkant Adam Driver gaan sit, was ek deeglik daarvan bewus dat hy ook vlugvoos was, en dat dit dalk ons interaksie kon beïnvloed. Ek was mal oor die fliek, en wou by die kern van sy puik karaktervertolking en die wonderlike storielyn uitkom.

O ja, ek moes dalk ook genoem het dat ek oral oor my lyf groot muskietbyte het. Niemand waarsku mens ooit dat Venesië – wat op die water gebou is – wemel van die muskiete nie. Ek het ‘n allergiese reaksie op byte van enige aard. Hulle swel op en word pers bulte van omtrent 7 of 8mm in deursnee, met ‘n aaklige geel kern.

Aaklig is ‘n te mooi beskrywing vir dit. Ek het nou al geleer om nie aan bytplekke te raak nie, want dit vererger net die ontsteking en maak dinge net erger en nog meer jeukerig.

So, toe ek oorkant hom gaan sit, spring daardie gediggie wat ek nog op skool geleer het, in my kop: “Jou vabond, wag, ek sal jou kry! Van jou sal net ‘n bloedkol bly, hier op my kamermuur!”

Dis regtig aaklig om so aangeval te word deur muskiete. Dis heeltemal te warm om jeans te dra, en ek is deeglik bewus van die pers bulte op my skene toe ek by die vertrek instap waar ons onderhoud plaasvind. (Om nie eers te praat oor die moontlikheid dat sowel die ster as ek dalk vandag bietjie breinloos is weens moegheid nie…)

En wat is die eerste ding wat ek doen? Ek vra hom uit oor muskiete! Die kamera rol, en ek is veronderstel om hom uit te vra oor sy fliek, en hier sit en blaker ek uit hoe onweerstaanbaar ek vir muskiete is! Ek behoort van beter te weet, maar ek kan myself net nie keer nie …

Lees ook: Om vorentoe of agtertoe te kyk …

Adam Driver lyk effens onthuts, maar dan vaar hy saam met my uit teen muskiete, en die onderhoud vat behoorlik vlam. Van toe af praat ons oor kos in jou tande (wat betrekking het op die fliek), speletjies speel, huil en hoe moeilik dit is om sulke aaklige goed vir iemand anders te sê, selfs al speel jy net toneel.

Die eindresultaat is ‘n wonderlike onderhoud. Gaan kyk beslis as jy my plooie wil sien, of die litteken op my neus, of die pers bulte op my bene. (O wag, gelukkig wys dit nie my bene nie!)

Maar kyk veral na hierdie baie talentvolle akteur se sjarme. As jy meer oor die fliek wil weet, gaan kyk na my vorige blog. Ek was mal oor ons onderhoud, en hoop jy geniet dit ook. Onthou, die fliek se naam is Marriage Story, en dis te sien op Netflix.

Hier is die skakel na ons onderhoud:

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

4 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.