Teks en fotos: Margaret Gardiner
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }George Clooney of my gesin. George Clooney in Sardinië, of my gesin? Wag, het ek genoem dat die keuse wat ek moet maak tussen George Clooney en my gesin is? Ek weet … Maar aan die ander kant is my gesin belangrik vir my en niks kan hulle klop nie. So ek het Sardinië en George laat vaar en teruggekeer na my gesin toe, hoewel ek steeds werkverpligtinge in Spanje en die Verendigde Koninkryk gehad het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit was ’n volgepakte ses weke en ek het die Atlantiese Oseaan ses keer gekruis om my seun se gradeplegtigheid by te woon, die mode by Cannes te dek, die oud-skoonheidskoningin-reünie tydens die Mej. SA-wedstryd by te woon, en my susters in Kaapstad te besoek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Margaret Gardiner se Cannes-dagboek
Lees ook: Margaret Gardiner se dagboek by Mej. SA
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek het ’n erge brongitis gehad. Ek was uitasem as ek net vinnig stap en het nie besef ek was so siek nie. As jy besig is, leef jy net die helder kleure van die gebeure en slaap nou en dan genoeg. Dit was eers toe my vlug twee uur lank in Washington DC vertraag is, dat ek bewend onder ’n kwilt en kombers besef het dat ek regtig siek is. Maar reis skiet jou in nuwe omgewings in wat energie gee, en ek het geslaap tot net voor die landing in Spanje. Ek het ’n bietjie meer mens gevoel toe ek wakker word.
Al het ek 10:00 in Barcelona aangekom, was my hotelkamer eers teen 15:00 gereed. Ek was voorbereid daarop en het ’n los rok wat ek 24 jaar gelede gekoop het toe ek swanger was met my seun aangetrek. Die rok is lank en vloeiend en dra gemaklik. Daar was nie plek om te stort nie en ek het in ’n badkamer verklee. Ek het my sonhoed (wat ek altyd saam my dra) en plakkies aangetrek en strand toe gestap. Dit was net ’n blok van die hotel af.
Die sand is geel en die mense bruingebrand en glad nie selfbewus nie. Mans dra Speedos, al is hulle magies so rond soos ’n swanger vrou s’n, of al is hulle brandmaer, of het watervalle van los velle. Vroue dra vol baaikostuums soos toe ek grootgeword het. Hulle sit op plastiekstoele en gesels in die son. Vriendskappe straal uit dié prentjie.
Ek kom van Los Angeles af waar almal plastiese snykunde laat doen vir die perfekte lyf en waar ouer mense se lywe nie in die openbaar gesien word nie. Ek het na die normale mense gestaar asof hulle in ’n museum was. Pragtige, natuurlike mense wat hul lewe geniet sonder om weg te steek wie hulle regtig is. Ek was mal daaroor.
Terwyl ek langs die pragtige restaurante gestap het, het die krulgolwe regs teen die strand uitgespoel. Ek was bewus van hoe lewendig die plek is. Ek het na die see gestap waar branderplankryers rondhang, mense branderplank-roei, ander met valskerms oor die branders vlieg, en fikses en sonbaaiers die son geniet. Dit is die soort prentjie wat jy op die promenade op Seepunt sien en almal lyk fiks en gesond.
Ek het ’n plekkie op die rotse gesoek waar die briesie die spinnerakke van die vliegvoosheid kon afwaai. Die warm son het my oë lomerig laat flikker en ek het besef dit is tyd om te gaan vra of my kamer gereed is, anders sou ek net daar moes sit en slaap!
Vier uur later was ek in ’n donker teater in Barcelona. Daar was ’n paar vertonings met embargo’s en ek mag nie daaroor praat nie, maar wat ek wel kan deel, is dat ek ’n fliek genaamd Searching gesien het. Die regisseur (Aneesh Chaganty) het van die beeldmateriaal op sy iPhone geskiet!
Dus, as jy ’n regisseur wil wees en ’n gebrek aan geld het, is daar geen verskoning nie. Gebruik jou selfoon! Ek het regtig van die fliek gehou en dink dit gaan ’n treffer wees. Dit is vars met baie aanslae wat nie vergelyk kan word met iets wat ons reeds gesien het nie.
Dit is interessant dat die regisseur ’n Amerikaner van Indiese afkoms is. In die fliek is die meeste akteurs Asiatiese Amerikaners is, maar dit is irrelevant vir die storie. Die rede hiervoor is dat sedert die Harvey Weinstein-storie gebreek het, vroue en minderhede hul stemme laat hoor om soortgelyk as die algemene bevolking verteenwoordig te word. Asiatiese Amerikaners word in die minderheid in Hollywood verteenwoordig. Hierdie fliek spreek die kwessie aan sonder om polities te wees en sonder dat ras relevant is in die storie. Dit is ’n prent oor ’n meisie wat wegraak en in haar pa se pogings om haar te kry, ontdek hy dat hy sy dogter glad nie ken nie. Die gebruik van sosiale media in die soektog is fassinerend. Dit is ’n storie wat met enigiemand kan gebeur.
Ná die fliek het ek die paar blokke na The Arts Hotel gestap. As jy ooit in Barcelona is, gaan drink ’n drankie daar. Die hotel is ’n argitektoniese kunswerk.
Met my brein wat net op ’n derde van sy hoedanigheid funksioneer, het ek verdwaal en verborge wonders ontdek, soos die swembad met ’n groot goue vis-standbeeld wat vir kilometers sigbaar is. Dit is magies en alles glinster in goud in die lug.
Teen die tyd wat ek by my bestemming aangekom het, was die program al verby. Ek het ’n glas sjampanje en ’n bord kos gegryp en kans gekry om beskaafd te wees voor ek my moes terughaas na my hotel om aan te trek vir die Queen-konsert.
Fox maak ’n fliek genaamd Bohemian Rhapsody oor Freddie Mercury, die ontslape hoofsanger van die legendariese groep, en hulle tree toevallig nou in Barcelona op. Die Amerikaanse Idol-wenner, Adam Lambert, tree in die plek van Mercury op. Ek het die vordering van Rami Mal, wat die rol van Mercury in die fliek vertolk, gevolg. Hierdie hoofspeler van die televisieprogram, Mr. Robot, is een van die gaafste ouens in die vermaakbedryf. Ek het hom in New York ontmoet toe die televisieprogram nog nie uitgesaai is nie, en het geweet hy sal suksesvol wees. Hy was nederig, ongeag die geleentheid wat die lewe hom gegee het om in die reeks te speel. Hy was opgewonde oor die geluk wat aan sy deur kom klop het. Hy kry nou kans om een van die legendariese sangers van die jare sewentig uit te beeld en hy was senuweeagtig, opgewonde, en lus vir die uitdaging.
Bohemian Rhapsody word later vanjaar uitgereik en ek glo dit gaan suksesvol wees en daarom wou ek gaan luister na die oorblywende lede van die orkes, al het ek siek gevoel. Ek het my medisyne ingepak en my beste verdedigingsmeganisme, rooi lipstiffie, aangesit en konsert toe gegaan.
Volg gerus vir Margaret om op hoogte te bly met al haar bedrywighede. Jy kan haar op Facebook of Instagram volg.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.