Haar oorwinning was ’n belangrike mylpaal vir Suid-Afrika en het die pad gebaan vir toekomstige Suid-Afrikaanse skoonheidskoninginne, Demi-Leigh Nel-Peters in 2017 en Zozibini Tunzi in 2019, om in haar voetspore te volg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Foto: Kimo Lauer
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
In ’n onlangse Instagram-plasing het Margaret ’n foto gedeel waar sy op die verhoog verskyn het in ons nasionale kostuum wat die inheemse volstruis en Suid-Afrika se nasionale blom, die protea, voorgestel het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
In die plasing skryf sy: “Hierdie Julie vier ek die groot eer wat ek gehad het om 46 jaar gelede my land in Mexiko te verteenwoordig en die eerste Mej. Heelal van Suid-Afrikaanse herkoms te word. ’n Eer wat ek vir amper 40 jaar gedra het, voordat twee ongelooflike vroue by my aangesluit het; Demi-Leigh Tebow in 2017 en Zozibini Tunzi in 2019.”
“Om op die verhoog te stap in hierdie nasionale kostuum wat die inheemse volstruis en ons nasionale blom, die protea, die blou van die lug en see verteenwoordig het, het my so trots gemaak, wat ek dink jy kan sien in hierdie foto van amper 46 jaar gelede,” skryf die skoonheidskoningin.
Sy het ook besin oor die verwelkomingsparade toe sy na haar oorwinning na Suid-Afrika teruggekeer het, Gardiner sê dat sy meegesleur was deur die ondersteuning van die honderde wat opgedaag het om haar te sien en te ontmoet.
“Toe daar vir my gesê is daar gaan ’n parade wees, was ek so senuweeagtig,” skryf sy, “ek was senuweeagtig omdat ons sterk, vreugdevolle, ondersteunende mense is – maar ons Suid-Afrikaners maak nie ’n bohaai nie. Ek het hulle eintlik gevra. Is julle seker jy wil? Niemand sal daar wees nie. Hoe verkeerd was ek nie!”
“Met my aankoms in Kaapstad was die lughawe stampvol. Ek kon net nie glo dat mense opgedaag het om my te sien nie,” skryf die skoonheidskoningin.
“Soos ek daaraan dink, word my oë vol trane. Ek is verheug oor die herinnering, oorweldig deur die vriendelikheid, en so dankbaar. Dankie.”
Margaret woon tans in Los Angeles, waar sy naam gemaak het as skrywer, glanspersoonlikheid en joernalis. Verder, is sy ook ’n bekende gesig op die rooi tapyte van gesogte geleenthede soos die Golden Globes, Oscars, en talle rolprentbekendstellings, waar sy onderhoude met A-lys Hollywood-sterre voer.
Gedurende die week van 8 Augustus sal sy Suid-Afrika besoek om vanjaar se Mej. Suid-Afrika-kroningsgeleentheid, op 10 Augustus by die SunBet Arena in Pretoria, by te woon.
Dié besoek dien ook as voorbereiding vir die vrystelling van haar fiksie-roman, Damaged Beauty: Joey Superstar, wat in Maart 2025 in Suid-Afrika uitgereik word, gevolg deur vrystellings in die VSA en die VK.
Lees ook: Ontmoet die vasberade gimnas wat SA by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.