Margaret Gardiner se lesse van Mej. Suid-Afrika

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe daardie oorwinning my gevorm het, het eers werklik by my ingesink toe ek terug Suid-Afrika toe gekom het vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. Ek het in Augustus huis toe gekom, want ek wou my heel eerste debuutroman vier – Damaged Beauty: Joey Superstar – maar Natasha Joubert sou ook daardie aand haar kroon oorhandig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Natasha is vir my ’n inspirasie. Haar onvermoeide energie en gegrondheid is iets waarmee ek kan identifiseer. Ten spyte van haar skoonheid en vermoëns, is sy net ’n gewone mens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Natasha Joubert en Margaret Gardiner (Foto: Verskaf)

Mense kyk dikwels neerhalend na vroue wat vir hulle land in ’n skoonheidskompetisie meeding. As jy vir die Olimpiese Spele meeding, klap almal hande. Vir skoonheidskompetisies – minder so.

Vir dié wat steeds aangaan oor hoe skoonheidskompetisies vroue uitbuit: Ek wens werklik julle sal na die finale antwoorde van skoonheidskompetisies, soos Mej. Suid-Afrika of Mej. Heelal luister. Op die verhoog, voor miljoene mense, word jy ’n moeilike vraag gevra wat jy slim en duidelik moet antwoord. Die vraag sou meeste uit die veld slaan. Om dit in neutedop op te som, is feitlik onmoontlik en tog doen daardie jong vroue juis dit. Skoonheidskompetisies gaan nie net oor mooi meisies wat met hoë hakke en swemkostuums rondparadeer nie. As dit al is wat jy is, sal jy heel waarskynlik nie eers ’n deelnemer kon gewees het nie.

Daar is iets meer wat met skoonheidskompetisies aangaan en in Mej. Suid-Afrika se geval het ons ’n platform geskep waar jong vroue, dokters, advokate en basies vroue van velde wat nie met die skoonheidskompetisie se beeld strook nie, kan inskryf omdat hulle ’n visie het, nie net vir hulself nie, maar ook vir die jeug van hierdie land.

Die titel bied aan jou ’n platform om ander te inspireer, op te voed en om ’n verskil te maak.

Die jaar wat ek gewen het, het ek in die eerste veelrassige nasionale skoonheidskompetisie in Suid-Afrika meegeding. Die eksperiment in iets nuuts het oor drie dae in die Kaap plaasgevind. Dat ek, wonder bo wonder, die skoonheidskompetisie as 18-jarige gewen het, het my gehelp om wat “skoonheidskoningin” vandag is bekend te stel.

Wanneer ek na ons wenners kyk, tref hul uiterlike my nie net nie. Meer kere is dit hul binneste wat my heeltemal omboul. Dis vroue wat vroue ondersteun. Vroue wat innoverend is. Vroue wat die moed het om te probeer, te verander en te droom.

Hierdie jaar het die skoonheidskompetisie nog grense verskuif toe Mia le Roux as Mej. Suid-Afrika 2024 aangewys is. Mooi – ja sekerlik. Maar dis haar antwoorde wat gemaak het dat die ouditorium weer en weer hande geklap het.

Margaret Gardiner en Mia le Roux (Foto: Verskaf)

Haar wenantwoord was: “Leer dié wat ingesluit word om dié wat uitgesluit word, in te sluit.” Dink vir ’n oomblik na hieroor. Die volgende keer as jy iemand afbring oor die manier wat hulle lyk of wat hul droom behels, dink na oor waar hulle begin het en waarheen hulle hoop om te gaan.

Dat Mia doof is, is toevallig. Mia plaas nie beperkings op haarself nie. Daardeur laat sy ander hul onbewuste vooroordele en beperkings wat hulle op ander – en moontlik op hulself – plaas, in heroënskou neem.

Dis selde dat skoonheidskompetisies net ’n mooi poppie kroon. Nou, meer as ooit tevore, in Mia se woorde: “Skoonheid gaan daaroor om vir iets te staan wat mooi is.” En as ons almal probeer om meer van hierdie “mooi” te wees, sal die wêreld ’n beter plek wees.

Lees ook: Margaret Gardiner vier 46 jaar sedert haar historiese Mej. Heelal-oorwinning

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

2 days Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.