Margaret Gardiner se Cannes-dagboek: Dag 7

Foto’s en teks: Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Halleluja! Ek het uiteindelik aangepas by die tydsone en raai wat? Ek vertrek weer môre. Ha!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek maak seker dat Cannes nie wegwaai nie.

Vandag was wonderlik. Ja, ja, dit het al weer gereën. Beslis die natste Cannes wat ek al ervaar het, maar wie word nou deur ’n bietjie reën geïntimideer? Vanoggend het ek my op Nikki Beach bevind waar ek onderhoude met al die hoofrolspelers in Spike Lee se BlacKkKlansman gevoer het. Daarna was dit Croisette toe vir televisie-onderhoude met die rolverdeling van Solo: A Star Wars Story by die Carlton Hotel. Die ou wat Han Solo speel, Alden Ehrenreich, het gesê hy en Harrison Ford het onlangs saam middagete geëet en Ford het die fliek reeds twee keer gesien, en het net goeie goed daaroor te sê gehad. Hou ’n ogie op my youtube-kanaal, want ek voer ’n onderhoud met hom. Natuurlik gaan ek dit ook met rooi rose deel…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling van Spike Lee se BlacKkKlansman

Het jy al ooit gewonder hoekom aktrises so goed lyk op die rooi tapyt? Dior het hul suite vir my oopgemaak: Dit is op die boonste verdieping van die Majestic Hotel en hierdie suite wat hulle al vir die afgelope paar dekades gebruik, dra nou amptelik hul naam met ’n diskrete geelkoperbordjie en ’n pyltjie wat jou in die lang, stil gang af die rigting wys; om ’n hoek tot waar die wonderwerke wat Dior is, gebeur. Die deur maak oop op ’n vertrek wat in grys met pienk aksente versier is. Daar is ’n weelderige gevoel aan hierdie vertrek, amper asof jy stilletjies oor die bank moet leun en in ’n fluisterstem praat. Ons meisie Charlize, wat ’n lang verhouding met dié handelsnaam het, se foto oorheers die een muur. Die swart-wit foto’s word spesiaal ingevoer vir die fees wanneer sterre hier kan kom inloer om gou hul voorkomste reg te trek voordat hulle na die Palais toe sweef, of hulle kan op die balkon staan en kyk watter kaskenades alles op die bekende rooi trappies daar doer onder gebeur. Daar is ’n “ateljee” waar tydskrifte en invloedrykes fotosessies kan hou in dié ontwerpersdrag.

Iemand is besig om die ateljee te gebruik en ek kan nie inloer nie en nee, ongelukkig mag hulle nie vir my vertel wie daarbinne besig is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is daar mense wat hul vrygewigheid uitbuit? Die meneer aan wie ek dié vraag stel, probeer om nie enigiets weg te gee nie: Daar is sekere mense met wie die ontwerpershuis verhoudings het, asook met ’n sekere kaliber van invloedrykes. Daar is sekere mense wat bande met ander modehuise het en ’n mens vermy hulle maar.

Ek kyk vir oulaas na die uitsig en keer terug na die geharwar van die Croisette.

Dior

Nou is dit tyd vir ’n fliek. Ek dink ek gaan na die Suid-Afrikaanse prent Die Stropers kyk, maar toe die fliek begin wys, besef ek dat Die Stropers eintlik twee dae gelede gewys het terwyl ek ’n onderhoud met iemand gevoer het. Die fliek waarna ek nou kyk, is ’n irriterende prent genaamd Sofia wat handel oor ’n meisie wat swak keuses maak en oor die samelewing se simpel neiging om die slagoffer van ’n verkragting te straf. Die fliek is irriterend, want hierdie belaglike idee dat vroue geblameer, gestraf en geskend word, word steeds wêreldwyd uitgevoer. Hierdie praktyk moet onmiddellik gestaak word.

Ek is weer uitgenooi na ’n première en ’n partytjie, maar daardie skip het reeds vertrek. Ek moet pak en begin voorberei vir my tyd in Los Angeles voordat ek terugkeer na hierdie tydsone toe in Suid-Afrika vir die Mej. SA-skoonheidskompetisie. Volgens my berekeninge sal ek net begin aanpas by LA-tyd voordat ek Suid-Afrika toe vertrek en weer moet gewoond raak aan die tyd daar. Die moeilikste dag is gewoonlik rondom dag drie, en dis die dag waarop Mej. Suid-Afrika plaasvind. Almal gaan daar wees: Demi-Leigh, Rolene, Anneline, Penny en al die ander skoonhede van die verlede. En ek? Ek sal die vrou wees wat vir byna vier maande al beseer is en in die slegste fisieke toestand tot nog toe is, met ’n glaserige uitdrukking van uitputting en ’n wollerige kop weens die vlugvoosheid. As jy my sien aan die slaap raak iewers, wees gaaf en maak my wakker, asseblief. Vertel my watter dag dit is en in watter stad ek myself bevind.

Nee, man, ek grap sommer. Ek kan nie wag nie!

Dis nou presies middernag en ek moet gaan stort en inpak. Ek vertrek om 06:00 uit Cannes na Nice toe. Van daar af sal ek ’n 11+ uur lange vlug via München neem terug Los Angeles toe.

Die uitsig oor Cannes

Om nog foto’s te sien en om op hoogte te bly, volg gerus vir Margaret op Instagram by @margaret_gardiner en facebook by @margaretgardinerofficial

Lees ook: Margaret se Cannes-dagboek: Dag 1

Margaret se Cannes-dagboek: Dag 2

Margaret se Cannes-dagboek: Dag 3

Margaret se Cannes-dagboek: Dag 4

Margaret se Cannes-dagboek: Dag 5

Margaret se Cannes-dagboek: Dag 6

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

34 mins Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

47 mins Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

2 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.