kategorieë: Ons menseBekendes

Margaret Gardiner pas aangekondig as Mej. Heelal-beoordelaar

Die Mej. Heelal-organisasie het Sondag aangekondig dat voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, as een van die beoordelaars by die komende Mej. Heelal-kompetisie sal dien, wat op 16 November by die bekende Arena Ciudad in Mexiko plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Margaret het haar opgewondenheid uitgespreek en gesê: “Dit is ‘n groot eer om terug te keer na die land waar ek gekroon is om die lewe van ‘n jong vrou te bemagtig en te verander. Dankie aan die Mej Heelal-organisasie wat my toevertrou om deel van die keurkomitee te wees.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf/ Willem Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In ‘n boodskap wat op sosiale media gedeel is, het die Mej. Heelal-kompetisie, met ‘n geskiedenis wat oor ‘n halwe eeu strek, vir Gardiner geprys en gesê: “Haar elegansie, ervaring en kennis in die vermaaklikheids- en skoonheidsbedryf maak haar ‘n ikoniese en gerespekteerde figuur in die wêreld van internasionale skoonheid. Haar nalatenskap inspireer ’n nuwe generasie vroue.”

Met meer as vier dekades se ondervinding in die kollig, is Gardiner nie net ‘n voormalige Mej. Heelal nie, maar ook ‘n gerespekteerde joernalis en voorstander van vroueregte en sosiale geregtigheid. Haar komende boek, Damaged Beauty: Joey Superstar, wat vroeg in 2025 vrygestel word, verken die verborge stryd wat vroue in die gesig staar.

Lees ook: FOTO’S: Hoe rooier, hoe mooier! Mia vertrek na Mexiko vir Mej. Heelal

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

16 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

17 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.