Deur Margaret Gardiner. Foto’s: Willem Botha.
Ek het Augustusmaand verlede jaar die eer gehad om vir rooi rooi se voorblad vir die Maart 2025-uitgawe afgeneem te word. Dit was werklik ’n voorreg, maar om die waarheid te sê, is dit op die ouderdom van 64 (ek is nou 65) ’n saak van geloof om hoegenaamd voor ’n kamera te verskyn. Ons het ook ’n modeblad gedoen. Ek dink dis belangrik om te dink aan die redakteur se durf en moed om ’n ouer vrou op die tydskrif se voorblad in vandag se tyd te sit.
Ons wêreld se fokus is op vars en jonk. Een maal was ek ook vars en jonk so ek verstaan en juig die nuwe stroom vroue toe wat ’n naam vir hulself maak. Ouer vroue kom egter met jare se wysheid en kan iets doen aan die stryd wat ’n volgende generasie in die gesig staar.
Ek was in November verlede jaar ’n beoordelaar by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie. Dit is 46 jaar nadat ek as die eerste vrou van Afrika en die eerste Suid-Afrikaner met dié titel gekroon is. Dit was ’n geweldige eer en ek was die enigste voormalige gekroonde op die paneel. Sosiale media is ’n ander soort dier. Toe die een deelnemer ná die ander deelnemer genoem het dat hulle boeliegedrag op sosiale media wil hokslaan, was ek uit die veld geslaan. Ek het al daarvan gehoor, maar ek het dit nog nie self ervaar nie. Kon jy dit nie maar net ignoreer nie?
Lees ook: Margaret Gardiner vier 46 jaar sedert haar historiese Mej. Heelal-oorwinning
Toe, ná ’n 18 uur-dag, op die aand van die uitdunne, het ek ’n video geplaas van myself in ’n asemrowende rok deur Diaan Daniels, wat hy vir die rooi rose-fotosessie gemaak het, waarop ek verlief geraak het. Ek wou vir die wêreld wys waartoe Suid-Afrika in staat is, so ek het sy rok gedra. Toe ek vir die sosiale-media-plasing op kamera gegaan het, het ek gesien my grimering – wat ’n paar uur tevore vir televisie se ligte aangesit is – was effens gekraak. Maar die boodskap aan Mia LeRoux was belangriker as hoe ek lyk. Ek kon meer tyd bestee het om myself “reg te maak”, maar dit was net ná middernag en ek was moeg. Ek het gekies om op die boodskap te fokus.
Die uiteinde is dat ek geboelie is. Met honderde boodskappe wat juwele insluit, soos Voetsek. Gaan weg. Jy is ’n verleentheid vir Suid-Afrika. Ozempic-koningin. Eet net iets. Wat het gebeur met die mooi vrou wat Margaret was? Hou op om jonk te probeer wees. Jy lyk soos ’n man. Jy lyk siek en wat is fout met jou stem?
Ek is ’n vrou met baie selfvertroue wat my nie deur ander laat beïnvloed nie. Hierdie woorde het egter in my kop vasgesteek. Ek is op die punt om ’n boektoer deur Suid-Afrika te doen vir my eerste roman, Damaged Beauty: Joey Superstar. Terwyl ek pak, kom ek agter ek probeer om my veroudering weg te steek pleks daarvan om dit te omhels. Nie omdat ek ongemaklik is met wie ek is nie. Op 65 is ek baie dankbaar om so fiks te wees en ja ek het plooie en het spiere verloor soos wat alle vroue ná menopause doen. Maar ek is benoud vir wat ander vroue oor my gaan skryf. Want skryf, sal hulle.
Ek lyk nie soos ’n 18-jarige nie. Dit sal vreemd wees as ek het. Amper 50 jaar later, is ek ’n ander weergawe van myself. Ek is nie maerder nie. Om dieselfde gewig te wees as toe jy jonk was, is ’n sonde. My gesig het hul jeugdige wange verloor. My kurwes is weg. ’n Mens noem dit oudword. Ek is lewendig! Jay vir my!
Dis eerlikwaar oukei as mense nie die meisie herken wat hulle onthou nie. Wanneer ek in die spieël kyk, sien ek nie haar nie. Ek het my hare blond gemaak nadat my ma oorlede is, want ek kon eenvoudig nie na myself as ’n donkerkop kyk nie. Dit herinner my te veel aan haar en ek kan nie. KAN NIE. Ek kan dit nie verdra hoe baie ek haar mis nie. My huidige voorkoms help my om dit te hanteer dat sy weg is. Die trane wel steeds in my keel op terwyl ek hierdie tik. Ek mis haar!
Ja, ja my gesig het verander. My mooi klein neus het dikker geraak met ’n knop en trek na die linkerkant toe om die gat te bedek wat kanker daargelaat het. En ja, daardie kant van my vel gly aangesien die vel wat getrek is om die gat in my vel te bedek daarvoor kompenseer. Maar! Jy kan nie die gat sien nie. So, ek lyk nie soos die meisie wat hulle ontmoet het nie, maar my goeie hemel. Dankie, dat ek die gesig het wat ek het. Die littekens kon soveel erger wees.
So gegewe al hierdie waarhede is dit absoluut merkwaardig dat Anlie Janse van Rensburg die moed gehad het om my op die voorblad te sit en my boonop vir ’n modeblad te gebruik. Dankie. En vir die boelies wil ek sê: Geniet dit. Daar sal klomp foto’s van my boektoer vir julle wees om op kommentaar te lewer. En ek? Ek gaan dit vier dat ek lewendig en gesond is en die moed het om voort te gaan om te groei, maak nie saak hoe ek lyk nie.
Ek sê dankie vir wie ek is en die genade van God om steeds hier te mag wees. Vir enige vroue wat “minder as” voel: Moenie toelaat dat ander jou definieer nie. Hou vas aan jou waarheid en vier dit jy wat jy is. My rooi rose-voorblad sal vanaf 7 Maart in Suid-Afrika op die rakke wees. Wees asseblief op die uitkyk daarvoor, en lees gerus die artikel waarin ek gesels. My boek Damaged Beauty: Joey Superstar sal by Naledi-uitgewers beskikbaar wees in Afrikaans en Engels, en ook by Exclusive Books-winkels. Internasionaal is dit op Amazon en Barnes and Noble te koop.
Volg Margaret op Youtube, Facebook, Twitter en Instagram!
Lees ook: 10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!