Margaret Gardiner oor Netflix se ‘Nobody wants this’: Vier waarskuwings vir ‘n gelukkige huwelik

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die Netflix-treffer, Nobody Wants This, raak twee mense van verskillende gelowe verlief. Die feit dat die een ’n rabbi is (Adam Brody – The OC) beteken dat die spel hoog is. Die romantiese komedie raak heelwat aan onderwerpe wat stof tot nadenke bied en sal maak dat jy dit met jou vriende wil bespreek, terwyl jy kliphard lag vir die omstandighede van hierdie komedie. Daar is die duidelike vonke tussen Brody en die vlymskerpe Kristen Bell (House of Lies/Frozen) wat die program baie kykbaar maak. Die ondersteunende rolverdeling is eksentries en sluit Justine Lupe (Succession), Timothy Simons en Jackie Ton in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die onderwerpe sluit in: Hoe betrokke raak jy by ’n vriend of familielid se keuse van ’n maat? Is dit oukei om wreed onbeskof te wees met die mense vir wie jy lief is? (Vir my is die antwoord: Nee!) Wanneer jy stry, doen jy dit met reëls in plek dat jy nooit die ergste ding sê wat jy kan nie? Vir my: Ja! En is dit oukei om vriende van die teenoorgestelde geslag buite jou verhouding met jou huweliksmaat te hê?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Adam Brody en Kristen Bell (Foto: Eric Charbonneau/Netflix via Getty Images)
Timothy Simons, Justine Lupe, Adam Brody, Kristen Bell and Jackie Tohn (Foto: Eric Charbonneau/Netflix via Getty Images)

Die reeks het my genoop om na te dink oor hierdie en ander hindernisse wat paartjies dalk wil oor praat voordat hulle die knoop deurhaak.

Kristen Bell het ’n belangrike punte aangeraak. Wanneer jy vanaf ’n jong ouderdom verlief raak, groei julle saam. Wanneer julle later in die lewe ontmoet, is jul persoonlikhede meer gevorm. Wat gee jy op en wat neem jy aan om saam te bly? Hoe belangrik is dit om jou maat se kring lief te hê en liefgehê te word?

KYK | Margaret Gardiner se onderhoud met Kristen Bell en Adam Brody

Jou eerste instink is om te sê: As hulle my lief het, sal hulle die een wat ek lief het liefhê. Sonder twyfel. Maar dis nie altyd so eenvoudig nie.

  • Sal die families oor die weg kom?

Daar is kêrels wat ek verby laat gaan het omdat ek nie hulle kon sien in my familie inpas nie. My familie is belangrik vir my en om vir vakansies en gereelde besoeke bymekaar te kom. Ek wou gehad het my geliefde moet dieselfde ingesteldheid rondom dit hê wanneer dit by familie kom. Sal ons gemaklik wees om saam aandete te hê? Sal ek redes moet gee waarom ek hulle wil besoek of sal my kinders werklik hul grootouers ken? Dit klink soos niks nie, maar as slegs een paar van die grootouers ’n ouma en oupa kan wees, wonder ’n mens hoe daardie stres op die duur die paartjie gaan raak.

Adam Brody sê die belangrike ding is om “Liefde te groei”.

  • Hou die ouers van die potensiële maat?

Ouers sien dikwels goed in maats wat ons self nie sien nie. Ek wil iemand hê wat ’n kampvegter vir my seun sal wees. Iemand wat vir hom sal opstaan. Iemand wat die ekstra myl sal gaan – nes hy vir hulle sal gaan. As die verhouding alles vat en niks gee, is net soos die eerste probleme in die verhouding kop uitsteek, gaan ek nie veel hoop daarvoor hê vir die toekoms nie – dit sal net erger raak.

  • Kan verskillende tale en kulture goed in gemeen vind?

Kultuur. Ek is Engelssprekend en my man is Afrikaans. Hoewel verskillende tale tot hindernisse in die pad kan ly, het my man se familie en myne dieselfde inklusiewe ingesteldheid en daaglikse waardes wat dieselfde is. Taal sal nooit ’n versperring wees nie. Ons is soos gehekelde komberse saamgebind. Anders, maar ons verskille komplementeer mekaar.

Wanneer ons by sy familie kuier, sal ek gou na Afrikaans oorslaan – met ’n paar baie snaakse blapse. Wanneer ons by my ouers is, praat ons Engels. Die broers en susters aan albei kante praat in die taal van die persoon wat hulle aanspreek. As my suster Afrikaans praat en sy familie begin in Engels, sal hulle oorslaan. Ons het Goeie Vrydag en gepekelde vis saam my ouers geniet en Paasfeesmiddagete saam met sy ouers. Kersaand was saam met sy familie en Kersdag saam met myne. Toe ons in St George se katedraal getroud is, het ek met die dekaan van Kaapstad gereël om Afrikaans in te sluit. Dit was maklik. Ek en my man se suster bel mekaar gereeld en praat ure lank. Daar was nooit probleme nie. Ek noem haar nou my derde suster (en meer).

  • Geloof.

In Suid-Afrika waar daar soveel diversiteit is, is die kanse groot om op iemand verlief te raak wat nie jou geloof deel nie. Wanneer dit gebeur, as die paartjie nie besluit om neutraal te bly nie, moet een maat die geloof van die ander aanneem. Maar selfs dan mag die skoonfamilie nooit jou werklik aanvaar nie. Kristen Bell vra: “Kan ’n paartjie liefde vind en aan liefde vashou wanneer werklike hindernisse teëgekom word?” ’n Mens kan sê dit is die ware toets van die duursaamheid van ’n verhouding.

Uiteindelik kom dit neer daarop om die paartjie te ondersteun. As jy hulle lief het, wil jy hê hulle moet wen. Ouers, vriende, uitgebreide familielede moet hulle vooroordele en ingeoefende idees opgee en die paartjie help om hindernisse te oorkom om ’n saamgesmelte eenheid te vorm. Dit, in die einde, is wat liefde werklik is – om seker te maak die paartjie wen.

KYK | Margaret Gardiner gesels met Justine Lupe, Timothy Simons en Jackie Tohn

Lees ook: Die Emmy-toekennings se nápartytjie: Wenners en wonderwerke

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kerriehoenderpastei met maklike aartappeldeeg

Bestanddele   200 g bruismeel 150 g koue botter 200 g gaar kapokaartappels (mashed potatoes),…

38 mins Gelede

Liam Bosman loer weer in by ‘Diepe Waters’

Liam Bosman maak 'n kort maar opwindende terugkeer na kykNET (DStv-kanaal 144) se telenovela, Diepe…

4 hours Gelede

Theresa se angswekkende oomblik in ‘Diepe Waters’ hou kykers op die punt van hul stoele

Dinsdag se episode van die kykNET-telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad…

18 hours Gelede

Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Toe Nêrens, Noord-Kaap in 2021 sy debuut as dramareeks op kykNET gemaak het, was daar…

23 hours Gelede

Suurlemoenbrood

Maak 1 middelslagbrood   Bestanddele   375 ml (1½ k) koekmeel 10 ml (2 t)…

1 day Gelede

Wenke om jou troeteldier met Bob Martin te ontvlooi

Lente en somer is sulke heerlike tye van die jaar in Suid-Afrika, veral as jy…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.