Margaret Gardiner oor ‘A Real Pain’ se sterre – Kiernan Culkin leer vir Jesse Eisenberg ’n lewensles

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat gebeur as jy ’n plan het en dinge heeltemal skeefloop? In A Real Pain, wat Jesse Eisenberg se debuut in die regisseurstoel is, is die tema nie net onverwagse omstandighede en die hantering daarvan nie, maar is dit ook iets waarmee Jesse op die eerste dag op stel gekonfronteer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die storie gaan oënskynlik oor die reis wat twee nefies moet ondergaan om hulde aan hul oorlede ouma te bring. Hulle keer terug na haar ouerhuis in Pole – aanvanklik lyk dit soos ’n idee wat goeie vrugte afwerp, maar van die begin af spat die vonke. Hoewel hulle as kinders geheg was aan mekaar, het die twee mans (Jesse het homself in die rol van David geplaas en Kiernan Culkin van Succession-faam is Benji) van mekaar vervreemd geraak. Dit raak duidelik dat hul lewensbenaderinge bots.

Kieran Culkin en Jesse Eisenberg (Foto: Tim P. Whitby/Getty Images)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

David hou van reëls en gaan waaksaam deur die lewe deur alles wat verkeerd kan gaan te verwag en daarvolgens te beplan. Benji is baie meer “leef en laat leef”. Hy is eintlik impulsief. David het ’n versteekte agenda vir die tyd wat hulle saam deurbring: Hy wil vir Benji meer verantwoordelikheid leer en hom bietjie laat bedaar.

Dis nie jou tipiese fliek nie. Daar is heelwat ondergeskikte intriges wat die antiheld in ’n held verander – maar hoe jy die hoofkarakter se rol beskou, hang van jou eie persoonlike ervaringe af. Geestesgesondheid speel ’n rol en nadat ek pas oor hierdie onderwerp geskryf het, was ek baie beïndruk met hoe Jesse botsende werklikhede hanteer het. My waarheid is nie noodwendig jou waarheid nie; ons lewe word deur ons persoonlike vooropgestelde idees en ervarings bepaal.

Toe ek met Jesse gesels het, wat ook die draaiboek van die fliek geskryf het, het erken dat hy hy sy eie lewe vir inspirasie gebruik en deur teaterstukke sy eie uitdagings ondersoek.

Jesse, wat oorspronklik van New York is, het ook erken dat hy persoonlike ervaring van mense met geestesprobleme het. Hy het uiteindelik besef dat as iemand nie gehelp wil word nie, maak nie saak hoe goed jou bedoelings is nie, moet jy daardie besluit aanvaar.

Dis ’n lewensles. Om iets van iemand te wil hê, wat hulle nie in staat is om vir jou te gee nie. Ons kan onsself groot skade berokken in ons onophoudelike strewe om iemand te kry om op ’n sekere manier op te tree wat hulle nie kan nie. Of ons kan aanvaar wie hulle is en onsself heelwat hartseer spaar.

Dalk het die les van die rolprent by Jesse ’n klokkie gelui toe die hoofakteur ook teen sy leiding teengestribbel het. Kieran Culkin het glo blatant Jesse se regisseurskeuses bevraagteken. Toe ek vir Jesse oor Kieran se weerstandigheid uitgevra het, het hy geglimlag en my vir die vraag bedank.  Aangesien dit Jesse se eerste keer aan die stuur van ’n rolprentprojek was, het hy, soos sy karakter, maande lank voorbereiding saam sy kinematograaf gedoen om ’n storiebord vir elke skoot te maak.  

Die storiebord is soos ’n bloudruk of soos ’n grafiese roman vir ’n regisseur wat visueel dit moet skep wat die kamera vasvang en dit met die rolverdeling en bemanning deel sodat almal op dieselfde bladsy is en saamwerk om by dieselfde artistieke visie uit te kom. Eendag het Kieran Jesse se keuses vir Benji uitgedaag: “Maar wat as ek hier wil staan? het hy gevra. “Of hier wil loop?”

Dit het gou duidelik geword dat Jesse se versigtig opgeboude visie nie sal ontvou nie. Hy het ’n paar besluite gehad wat hy moes neem: Baklei met sy ster of pas aan. Hy het laasgenoemde gekies en bieg dat toe hy dit gedoen het, die hele fliek begin lewe het. Hy het sy voorskrifte weggegooi en aan sy ster die vryheid gegee om te beweeg soos wat Kieran dink hy sal beweeg.

Dis ’n goeie herinnering om te laat gaan en oop te wees vir wat “nuut” is, want dit is vaardighede vir oorlewing. Ons het die kaart waarnatoe ons wil gaan en hoe om daar te kom, maar die lewe het ’n manier om ons mees goed bedoelde gedrag omver te werp. Hoe ons aanpas by dinge wat buite ons beheer is, mag dalk net die beste definisie van “sukses” wees.

KYK | Margaret gesels met Jesse Eisenberg

Volg Margaret op Youtube, Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Albert Pretorius gesels oor Ronnie se ‘merry-go-round’ in ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere

Hierdie pap kan ook poeding wees dis sooo lekker!

2 days Gelede

Garnaalkelkie

Genoeg vir 6. Bestanddele   Sous 180 ml (¾ k) goeie mayonnaise 30 ml (2…

2 days Gelede

“Kokkedoor Vuur & Vlam” is terug: Ontmoet die deelnemers!

Dié kosreeks, wat in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm is, begin Donderdag 6 Februarie om…

2 days Gelede

Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in ‘Binnelanders’

Foto’s: Christoph Hoffmann.   Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders.…

2 days Gelede

Alles wat jy van dehidrasie moet weet

Ligte tot matige dehidrasie is in ’n warm land soos Suid-Afrika eintlik baie algemeen, sê…

2 days Gelede

Beplan ’n wynproe

Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.