Deur Margaret Gardiner. Foto’s: Verskaf.
Suid-Afrika is lankal bekend daarvoor dat ons mode van wêreldklasgehalte skep. In 1990 toe ek die medegasheer van die Mej. Heelal-kompetisie was, het ’n Suid-Afrikaanse ontwerper vir my twee rokke gemaak. Toe ek gedurende Covid (2021) terug huis toe gekeer en ontdek het dat die Mej. Suid-Afrika-kompetisie aan die gang was, het ek niks op kort kennisgewing gehad om te dra nie. Ek vaar toe maar in my klerekas in. Ek het dieselfde rok wat ek in 1990 gedra het vir 2021 se okkasie gedra. Die enigste verskil was dat die rokke in daai tyd net tot by die enkel gekom het, maar dit was steeds ’n klassieke voorkoms. Ek het soveel komplimente vir dié aandrok gekry. Styl het geen rakleeftyd nie en Suid-Afrikaanse ontwerpers gaan voort om op internasionale vlak te skep.
Ek het weer aan daardie geleentheid teruggedink toe ek onlangs die Los Angeles-modeweek bygewoon het. Laas jaar het ek die Parys-modeweek bygewoon. Die ontwerpers het hul reekse regoor die stad vertoon, wat beteken jy het een vertoning bygewoon en dan moes jy in ’n motor spring om deur die verkeer na die volgende een te gaan.
Hierdie jaar het Los Angeles dieselfde gedoen. Dit stad is wyd uitgesprei. Dit neem dikwels ’n uur om vanaf die middestad van LA – sê maar Beverly Hills – tot die onderstad in spitsverkeer te kom. So ek het redelik hul keuse bevraagteken.
Dis waar: Wanneer ons aan mode dink, dink ons nie aan Los Angeles nie. Dis wel ’n fout. Die knap ontwerpers weet Hollywood is hier. Die topsterre kan stiliste stuur om na die beste uitrustings te gaan kyk. Ek wil graag twee ontwerpers van die Los Angeles-modeweek uitsonder, wat ek oor die laaste paar jaar leer ken het en al van die grootste name in Hollywood geklee het.
View this post on Instagram
Twee ontwerpers voorsien tans in die behoefte vir meer glans in Hollywood terwyl hulle hul stempel in volhoubare mode afdruk – mode wat verantwoordelik teenoor die omgewing en mense is. Volhoubare mode fokus op waarvandaan die kledingstuk kom, hoe dit versprei word en hoe dit gebruik word. Die modebedryf vervaardig jaarliks 100 biljoen kledingstukke per jaar waarvan 87% daarvan op die vullishope beland of verbrand word. Dit is ongeveer 40 miljoen ton. Slegs 1% word hergebruik. Toksiese kleurstowwe word in skoonwaterstelsels soos strome, rivier en waterdraers gespoel wat die ekostelsel beskadig. Meer ontwerpers begin hergebruik en soek alternatiewe kleurstowwe.
Lessja Verlingieri van Lever Couture kom van die Oekraïne af. Haar eerste internasionale vertoning het tot ’n oproep vanaf Lady Gaga se stilis gelei. Gou het Gwen Stefani, Megan Thee Stallion, J-Lo, Kim Kardashian en Beyoncé ook Lever Couture begin dra. Lessja het haar nuwe aandrokreeks, “Velocity of Emotions”, in die toonaangewende Santa Monica Barker Hangar bekendgestel. In die voorste ry wat slegs vir die hoëlui uitgehou word, was vriende van die handelsmerk soos Milla Jovovich, Ari Lennox, Jordyn Woods, B. Akerlund en Geena Davis. Die dramatiese vertoning het hul plek volgestaan by Parys-modeweek en het delikate skeppings vertoon wat uit ’n rookgevulde ruimte gekom het waarin ’n enkele 20m skerp lig deurgeskyn het om die illusie van water te skep.
Haar verbintenis tot volhoubare materiaal is reeds in jaar jong dae vasgelê. Terwyl sy net ná die val van die Berlynse muur gereis het, het haar maar aan haar ’n Amerikaanse vlag as geskenk gegee – iets wat baie gevaarlik was om mee na die voormalige Sowjet-Unie terug te keer. Lessja se ma het die vlag in ’n handsak verander en die sterre daarop effe aangepas. Dis ’n herinnering wat die ontwerper bygebly het. “Jy kan nuwe materiaal maak, maar jy kan ook materiaal gebruik en dit ’n nuwe doel gee. Jy kan dit of vernietig of herskep. Jy kan ’n verskeidenheid van strukture en vorms saamvoeg. Druk tesaam en borduur dit. Daar is so baie moontlikhede. Ek hou veral van outydse materiaal wat van die jare sewentig en tagtig afkomstig is. Dis materiale met geskiedenis. Hulle is so spesiaal en vol energie. Jy kan die verskil in die kledingstukke voel,” voeg sy by. “Ons maak alles van ons aandrokke inhuis. Ons doen slegs een ’n versameling ’n jaar. Ek gooi nie materiaal weg nie. Ek hou daarvan om dit te herwin. Jy kan wonderlike gou met ou materiaal doen: herdink, herstruktureer en gee hulle ’n nuwe lewe.”
Hoewel hy ook materiaal hergebruik, gebruik Oliver Tolentino wat van die Filippyne afkom, Pina-seda. Dit word deur ’n tradisie, wat 300 jaar oud is en 100% volhoubaar is, gemaak. Pynappelblare word in die son gelê om droog te word. Dit word in gare verander wat in ’n materiaal genaamd pina geweef word. Dit word dikwels met sy (seda) gemeng. “Dit is ongelooflik sag en duur,” merk die ontwerper op, wat deur die glansryke sterre van Hollywood se bloeitydperk geïnspireer is: Audrey Hepburn, Elisabeth Taylor, Grace Kelly. Hy dateer die klassieke vorms op waarop hy tydens sy jeug verlief geraak het. Dié was op die blaaie van Vogue en Harper’s Bazaar wat sy ma by die Amerikaanse weermag in die Filippyne gekoop het. “As elke vrou een volhoubare, ekovriendelike kledingstuk in haar kas kan hê, sal hulle soveel beter oor hulself voel.”
Oliver het sy aandrokke by die eksklusiewe Waldorf Astoria-hotel in Beverly Hills vertoon. Filippynse sterre Jon Jon Briones (The Assassination of Gianni Versace, Ratched, Star Trek: Pricard) en Reggie Leë (Grimm, The Lincoln Lawyer) was daar gewees. Onder Oliver se aanhangers was Carrie Underwood, Jessica Alba, Emmy Rossum, Gabriel Union en Mayim Bialik.
Oliver het heelwat uitrustings vir die rooi tapyt gemaak en het die retro-geïnspireerde aandrok geïnspireer wat ek gedra het toe ek vir Prinses Stephanie in Monte Carlo ontmoet het.
View this post on Instagram
Volg Margaret op Facebook, Twitter en Instagram!