Margaret Gardiner gesels met rooi rose oor die 2022 Cannes-rolprentfees

Ná ‘n onderbreking van twee jaar weens Covid-19, het die Cannes-rolprentfees, wat vanjaar 75 geword het en van 17 tot 28 Mei geduur het, teruggekeer na ‘n geleentheid waar die sterre in massas opgedaag het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geskiedenis van die Cannes-rolprentfees

Die fees is in 1938 gestig as ‘n reaksie op Hitler en Mussolini se inmenging in die Venesiese rolprentfees. Die eerste fees is in September van daardie jaar in die Franse Riviera gehou en rolprentlegendes soos Cary Grant, Mae West en Tyrone Power het daar opgedaag. Die fees is deur Hitler se inval van Pole onderbreek, maar het weer in 1946 aan die einde van die oorlog hervat. Hoewel dit oënskynlik ‘n rolprentfees is, is dit ook ‘n kompetisie waarin rolprente genooi word om aan verskeie kategorieë deel te neem, ‘n jurie van eweknieë stem, en die wenners in ‘n seremonie op die laaste dag aangekondig word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Vandag is die fees slegs per uitnodiging en stel dit ook rolprente bekend wat in die toekenningseisoen op die spel sal wees. Die Amerikaanse rolprente met groot begrotings vertoon egter dikwels “Out of Competition”. Kategorieë waarin onafhanklike flieks met kleiner begrotings meeding om ‘n prys wat dikwels ‘n loopbaan kan begin, het ook deur die jare ontwikkel.

Die Festival du Cannes het sinoniem geword met gehalte en karaktergedrewe flieks van regoor die wêreld, maar deel van die aantrekkingskrag is die samekoms van die grootste sterre van die oomblik, gepeper met die gevestigde topmodelle en glitterati.

Die sondeurdrenkte Croisette – die hoofstraat wat al langs die kus loop – word omsoom deur die strand aan die een kant en gesogte hotelle en ontwerperswinkels aan die ander kant. Hierdie straat is die middelpunt van aktiwiteit tydens die fees, aangesien verskeie flieks gelyktydig regdeur Cannes vertoon word.

Bekendes by Cannes-rolprentfees

Vanjaar het Tom Cruise sy Top Gun-opvolger bekendgestel – Top Gun: Maverick, met positiewe resensies en aanhangers wat nie uitgepraat kan raak nie. Anne Hathaway verstom op die rooi tapyt; die Devil Wears Prada-ster was daar om haar nuwe film Armageddon Time te bevorder. Vir haar dagfoto’s het sy Gucci en Bulgari gedra.

Jeremy Strong en Anne Hathaway

Ander opmerklike sterre het Julia Roberts, Kristen Stewart, Marian Cottillard en Ricky Martin ingesluit.

Ricky Martin

Kylie Minogue

Daar is baie gegons oor ’n sekere nuweling: Austin Butler wat Elvis in die rolprent met dieselfde naam uitbeeld en waarin Tom Hanks ook ’n verskyning maak.

Austin Butler

Dit sal nie verbasend wees om aanstaande jaar sy naam in die toekenningseisoen te sien verskyn nie. Dit was ongelooflik om Priscilla Presley, Elvis se eksvrou op die tapyt te sien – dit het gevoel asof ons terug in tyd gegaan het.

Priscilla Presley en Austin Butler

Deur: Margaret Gardiner

Foto’s: Earl Gibson III

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.