kategorieë: Mode

Margaret Gardiner gaan modeweek toe – Deel 2

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ’n 15 uur of meer se vlug van Parys na Los Angeles. Dit is nou as jy die verbindingsvlugte uitlaat. Maak nie saak watter tyd van die dag ek my oë oopmaak nie, ek kort altyd ontbyt. Dis hoe ek my dag twee-uur die oggend begin het. Die huurmotor het my drie-uur kom haal, want my vlug was 05:30 en ’n mens moet twee uur voor die tyd reeds op die lughawe wees as jy ’n internasionale vlug wil haal. Trek jou oë skeel oor al die nommers? Ja, myne het ook, of dalk was dit net die min slaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe ek 03:30 by Los Angeles Internasionale Lughawe (LAX) aankom, was daar geen personeellid in sig nie. Die lughawe was so te sê verlate. Die paar haweloses wat hulle op die lughawe se banke tuisgemaak het, was steeds vas aan die slaap. Ek het gevoel soos die enigste vrou in die hele wêreld en nadat ek deur sekuriteit beweeg het, het dit steeds so gelyk. Die sitkamer vir reisigers in besigheidsklas was toe, die restaurante ook. Jy kry die prentjie. Alles was toe en ek was dankbaar ek het daardie ekstra uur geneem om darem iets by die huis te eet.

Die wonderlike ding daarvan om in besigheidsklas te vlieg, is dat jy in ’n bed bo in die lug slaap. ’n Hele paar uur later was ek verstom om die Eiffel-toring in die vliegtuig se venster te sien soos ons in Parys begin land het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier het ek op 16-jarige ouderdom met my beroep begin. Ek was ’n jong skoolmeisie wat uit ’n doodnormale lewe gehaal is en in ’n lewe in die hoë kringe gestoot is. Ek het nog nooit voorheen gereis nie, was geen ander taal magtig nie en ek het niemand anders geken toe Johnny Casablancas van Elite my genooi het om modelwerk in Parys te kom doen nie. Toe het ek vir Parys se modeweek geloop. Vandag is ek egter as Mej. Heelal ’n eregas in die voorste ry. Ek is hier vir my eie plesier en om die geleentheid as verslaggewer vir Fashion Week te dek.

Ek het ’n maand lank na Italië, Kanada en Los Angeles gereis en uiteindelik in Parys aangekom. My brein was dof van die gedurige wes-oos-wes-beweging wat slegs ’n paar kortstondige kuiers by die huis toegelaat het. Ek moes darem my vreeslike geduldige man vir seker hy’t steeds ’n vrou: “Ek is lief vir jou, maar ek gaan weer vir tien dae weg na waar daar ’n nege uur se tydsverskil tussen ons is”.

’n Motor wat vooraf vir my gereël is, het my in die middel van die dag by die hotel afgelaai. Ek het gevra of ek vroeër na my kamer mag gaan – die antwoord was dat hulle my versoek sou bespreek. Dis ook al wat daarvan gekom het. Ek kon uiteindelik 14:30 na my kamer gaan en het toe vinnig gaan sit om ’n storie oor Jennifer Lawrence klaar te maak wat ek in Dior in Kanada geskiet het. Om ’n lang storie kort te maak: Ek het ure later op my bed wakker geskrik. Ja, ek weet my eerste fout was om te begin tik terwyl ek op my bed gesit het. Ek het geen idee gehad waar ek was of hoe laat dit was nie.

Voordat ek uit Los Angeles vertrek het, is ek na ’n rolprentvertoning van die regisseur David O. Russell (American Hustle, Silver Lining Playbook) se fliek Amsterdam genooi. Christian Bale het die hoofrol vertolk. Ek het verskoning gemaak terwyl ek my hare oor my skouer gooi: “Jammer, ek gaan dan in Parys wees.” “Geen probleem nie,” het die antwoord gekom. “Daar is ’n vertoning in Parys dieselfde dag dat jy land.” Werklik? Wou ek regtig my eerste aand in Parys in ’n donker kamer deurbring terwyl ek ’n fliek kyk? Nee, maar dit was deel van my werk om flieks te kyk. Ek het ingestem om dit by te woon. Ek was vlugvoos en kon doen met ’n stort – ek het klaar my belofte berou. Ek het 20 minute gehad en dit sou my 15 minute neem om daarheen te stap. Ek het steeds my gemaklike swart sweetpakbroek en T-hemp, die uitrusting wat ek gewoonlik dra as ek vlieg, aangehad. Ek het geen grimering op gehad nie. Ek het net my gesig gewas en my tas so onuitgepak gelos. Ek het mos by myself gedink: Dis net ’n fliek. Ek kan mos bietjie laat inglip en in die donkerte sal niemand eers agterkom ek is steeds in dieselfde klere wat ek die vorige dag om twee-uur op ’n ander vasteland aangetrek het nie!

Ek het die afstand, met een oog op die tyd, gedrafstap. Die ontydige warm aand in Parys het gemaak dat ek met ’n ligte sweet daar aangekom het. Wag ’n bietjie! Dit kan nie reg wees nie. Pleks van ’n rolprentteater, het ek my voor een van die eksklusiefste hotels in Parys bevind. Die Le Royal Monceau was reg oorkant die Arc de Triomphe. Ek het my oë geknip, die adres weer nagegaan en al my moed bymekaargeskraap terwyl ek die breë pad oorgesteek het. Terwyl ek nog die sweet op my bolip afvee, het ek die luukse hotel binne gegaan.

Duur hotelle het hul eie reuk. Die reuk is ryk – nie soos geld nie, maar wat geld kan koop. Dit laat ’n mens aan groot bederf en uitspattigheid dink.

Met my elmboë styf teen my middel gedruk, het ek in stotterende Frans gevra: “Waar word Amsterdam vertoon?” Ek het ’n sagte stem, maar ek wou ook nie die amper heilige grootsheid van die sag en subtiele ruimte binnedring nie. ’n Vreeslike elegante Franse vrou het my wel gehoor, want sy het na my aangesweef (mense in spoggerige hotelle kan net sweef) gekom en my op my naam aangespreek. “Jy is Margaret Gardiner!” het sy aangekondig. Hoe het ek hierop geantwoord? “Ek is, al lyk ek nie dalk tans so nie. Ek is hier vir die vertoning. Jammer dat ek laat is. Kan ek gou inglip?” Die anonimiteit wat die donkerkamer met die groot skerm my nou kon bied, het nogals baie aanloklik in my huidige situasie gelyk.

“Maïs, non!” het sy met ’n hees Franse aksent gesê. “Daar is eers ’n klein geselligheid. Kom asseblief saam.” Sy het my heel behendig aan die elmboog gegryp en aangesien ek nog nie ’n stort gesien het nie, wou ek nie myself loswikkel nie. Sy het my by die weelderige trappe met die massiewe kristalkandelaar op begelei, verby die selfs groter sekuriteitbesonderheid tot binne die ongelooflike banketsaal waar klomp Franse mense in klein swart nommertjies gestaan het – en ek nog met my klein swart twee-dae-lange-vlug uitrusting aan.

Wat kan ek sê? Ná ’n glas sjampanje, heerlike hors d’ouvres en die film wat heel tydig was, oor die politiese klimaat in Amerika gegaan het en ’n indrukwekkende rolverdeling gehad het (Margot Robbie, Denzel Washington se seun John David Washington, Taylor Swift, Anya Taylor Joy en Robert De Niro) was ek ’n baie gelukkige vrou wat werklik na ’n bed en ’n stort verlang het.

“Mais non!” het die chic Parysenaar weer gesê. “Christian Bale en David O Russell is op die boonste vloer en wil graag almal groet wat uitgenooi is!” Werklik? So het dit gekom dat ek rondom middernag op my eerste aand in Parys, nog steeds in my reisklere en my elmboë styf teen my lyf gedruk, ’n gesprek met Christian Bale en David O Russell gehad het oor die maak van Amsterdam. Dit is heeltemal anders van ’n Amerikaanse fliekvertoning waar jy na ’n bioskoop toe gaan, in die donkerte sit en dan die plek verlaat. Ek moet sê, as dit is hoe die Franse vertonings doen, trek ek Parys toe.

Die volgende dag het ek beplan om die trein na Switserland te neem om ’n vriendin wat daar ’n praatjie gegee het, te ondersteun. Die vlugvoosheid het my egter ingehaal en ek het my vertrektyd verpas. Die goeie nuus is dat nog ’n vriendin, Anet Pienaar-Vosloo (bekend vir haar bekroonde TV-reeks, Mooi, wat ’n Safta- en die Chevalier des Arts-prys gewen het en groot huise van Suid-Afrika vertoon) twee uur gelede haar paleis buite Parys verlaat het om my te kom ontmoet. Sy het my genooi om na die Suid-Afrikaanse ambassade te gaan waar hulle die geleentheid gekry het om bewustheid wêreldwyd van Suid-Afrika te skep.

Hoe ongelooflik is dit om die mense van my land te ervaar! Die aksente, die warmte, die lamsvleis op die spit – en dit in Parys nogals!

Die dae het in ’n waas van gelag en al die plekke wat ek in Parys gaan sien het, verbygegaan voordat ek my eerste modevertoning by kon woon. Ek was genooi om in die voorste ry by Victoria/Tomas te sit. Die modehuis se skoonheidsleer kom van Alexander Wang en hul beelde is deur die werke van Tim Burton geïnspireer. Ek het geen idee gehad wat om te verwag nie, want ek doen lankal nie meer modelwerk nie en ek was ook nie meer Mej. Heelal nie. Ek het besef ek was werklik angstig.

Ek is altyd vroeg. Dit is mode. Ek het geweet ek kan nie laat wees nie. Die motor het my voor die massas modebeheptes afgelaai. Daar is geen ander woord vir hulle nie. Die Instagram influencers het my heeltemal omring. ’n Vrou het gepronk, ’n houding aan geneem, gepruil en verleidelike “kom hier”-uitdrukkings gemaak. Vir ’n paar sekondes het ek gedink: Hou sy dalk van my? Ek besef toe daar was ’n fotograaf duskant my skouer wat besig was om die vrou af te neem terwyl sy ondeund voor die kamera geflikflooi het.

As niemand aandag gegee het nie, het die mense weggebreek van die massas af en trots wegstap terwyl flitsende ligte ’n stralekransie van lig in die duisternis gemaak het. ’n Paar sekondes later het die wolke gedreun en dit het begin reën. Die pragtige beroemdes het vinnig hulle na die lang saal gehaas waarin ongelooflike lig geskyn het deur vensters wat vanaf die vloer tot die dak gestrek het. Daar het ons ons plekke ingeneem.

Ek het ’n baie goeie sitplek gehad. Die fotograwe het almal in ’n groep saamgedrom in ’n gedeelte wat spesiaal vir die loopplank ingeruim is.

Soos die week aangestap het en die helling verskeie gedaanteverwisselinge ondergaan het, het ek nogals die fotograwe jammer gekry wat so opmekaar gedruk was. Almal moes die bewyse van hul bywoning vasvang, maar dikwels het die gaste hul visie belemmer. Die perskorps sou dan ’n hele string woorde teenoor die skuldige uitlaat. Dit was natuurlik alles, uhm, Frans vir my.

Die versameling was oulike, dra-my-nou0mini’s en die heldergroen en koffiekleure was erg in die mode. Dit was klere wat ek sou dra en wat jy op die Hadid-susters sou sien. Elke klerestuk was prakties en vir alledaagse lewe gemaak, maar ook met sagte lyne en vroulike besonderhede daarby. Toe die vertoning met ’n groot handegeklap eindig, het die hemele oopgebreek. Ek was verlig om in die agterkant van my huurmotor weg te sink, en bly dat ek dit gedoen het. Die res sou maklik wees.

Elke vertoning het op ’n ander plek plaasgevind. Soms was dit by bekende bakens gehou. YSL het byvoorbeeld hulle s’n langs die Seine se oewer in die skadu van die Eiffel-toring gehou. Balenciaga het hulle s’n in die reën gehou en hulle het seker gemaak ons stap goed deur die modder. Givenchy was by die Jardin des Plantes en hulle het stadsdrag uit ’n savoir-faire-lens weerspieël. Die ontydige warm weer wat ek op my eerste nag in Parys ervaar het, het koud en nat geraak. Heelwat van die vertonings het buite in die misreën voortgegaan. Schiaparelli het ’n glansryke versameling met spesifiek silhoeëtte in satyn, geperste sy en katoen afgewys.

Buiten die supermodehuise wat die amptelike kalender opmaak, was daar ook kleiner modehuise wat vertonings gehou het. Een so ontwerper was Christophe Guillarmé wat sy kledingstukke op die Champs-Élysées gewys het. Ek het na die nommer gekyk en gereken dis naby genoeg aan die Arc De Triomphe om in my plakkies soontoe te stap. Ek kan maar die taxi en my kamera los. Ná 40 minute het ek amper opgegee: Die lae nommer was nie ’n korrekte plekaanduiding nie. Ek was omtrent ’n uur laat vir die geleentheid. Almal was egter sjarmant. Geen probleem nie, het hulle gesê, kom hiernatoe – die vertoning gaan begin. Vanwaar my sitplek is, kon ek alles sien. Voordat my sitvlak my stoel kon raak, het ’n helder en dramatiese gewaad my oog getref. Dis die tipe uitrusting wat skoonheidskoninginne sal dra: treffende, mooi aandrokke wat ek onmiddellik wou hê. Die gehoor het hande geklap, die sjampanje is gedrink en besige Parysenaars het gestop om deur vensters na die absolute spektakel te kyk.

Ek kan vir ewig aangaan en duidelik het ek. Laat ek eers hier afeindig deur te sê dat mode beweeglike kuns is. Dit inspireer en voed dié wat dit tot diep in hul derms lief het. Die week se klomp vertonings het ’n deel van my wat ek vergeet het, wakker gemaak. Toe ek terug is in Los Angeles het dit my ingelig dat ek my werk as mode-redakteur vir die Golden Globes moet doen en die kunstenaarskap en die vernuwing van modes erken, wat deur sterre op die rooi tapyt se loopplank gedra word, hier deur die modeweek geïnspireer is.

Volg Margaret op Instagram en Facebook!

Lees ook: Margaret maak ’n draai by Parys se modeweek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

4 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

5 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

5 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

5 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

5 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.