Margaret by die premiere van Maleficent

Margaret by die premiere van Maleficent deur Margaret Gardiner. Foto’s verskaf deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maleficent: Mistress of Evil het Hollywood Boulevard onlangs behoorlik tot stilstand gebring. Die fliek – met Angelina Jolie, Elle Fanning, Michelle Pfeiffer en Chiwetel Ejiofor – se premiere het omtrent gesorg vir ‘n opskudding!

Ek het daar aangekom net toe Angelina Jolie die rooi tapyt betree het saam met haar spannetjie kinders. Die vrou kan skynbaar geen voet verkeerd sit wanneer sy met aanhangers en die pers te doen het nie – haar sosiale interaksie is foutloos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was ook duidelik dat die kinders die groot oomblik terdeë geniet, en die tweeling lyk soos ‘n wonderlike kombinasie van Angelina en Brad. Ek neem nie gewoonlik kinders af nie, maar omdat hulle op die rooi tapyt was, was dit seker in orde om dit te doen.  Gaan kyk na die video op my Instagram van Angelina wat saam met haar kinders poseer. Die jongklomp stap later weg sodat hulle ma die rooi tapyt vir haarself kan hê.

Lees ook: Angelina Jolie – net ’n mens

Na die rooi tapyt het ek ‘n draai gaan maak by die platform waar die sterre bymekaar kom vir ‘n laaste paar foto’s voordat hulle die beroemde El Capitan Teater binnegaan. Ek het gesien hoe ‘n vriend ‘n selfie probeer neem, en het toe aangebied om die foto vir hom te neem. In ruil daarvoor het die man – ‘n professionele fotograaf – aangebied om my af te neem. En wie jou foto’s neem, bepaal eintlik mos maar hoe jy lyk.

Margaret by die premiere van Maleficent

Ons het toe so bietjie gestaan en gesels terwyl die rolprent se sterre voor ons poseer vir die internasionale media. (Gaan kyk gerus op my Instagram na die video hiervan, en vir nog foto’s van my besige lewe).

Dit was ‘n glansryke oomblik met van die mees gerespekteerde aktrises almal bymekaar op een plek.

Voordat ons egter die teater kon binnegaan, moes ons eers ons selfone ingee – dis natuurlik weens die aaklige verskynsel van mense wat video’s neem van rolprente wat hulle dan aanlyn publiseer nog voordat die fliek in teaters wys. In die teater kon ek ontspan en weggevoer word deur ‘n absoluut wonderlike fliek vir kinders én grootmense.

Een van die dinge wat ek die meeste gehaat het toe ek my seun destyds geneem het om na kinderflieks te gaan kyk, was die onverwagse bangmaak-gedeeltes, party daarvan boonop vol onnodige geweld. Maleficent slaag daarin om dit te vermy. Daar word meestal gesinspeel op die dinge wat klein kindertjies dalk kan bang maak of moontlike geweld, maar mens sien dit nie. By die partytjie by die Roosevelt Hotel na die première het ek Angelina uitgevra oor die ongewone gebrek aan geweld, en sy het verduidelik dat dit ‘n bewustelike keuse was.

Die fliek is boonop vrek snaaks! Angelina se karakter het soveel pret met die tande en die glimlag, en die droë humor het my hardop laat lag. Michelle Pfeiffer is skreeusnaaks as die “sorgsame” voornemende skoonma wat met opset verbale bomme afvuur onder die voorwendsel van liefde en omgee. Ken ons nie almal sulke mense nie! Die absolute pret wat beide aktrises gehad het met die maak van die fliek, wys duidelik en is meer as genoeg rede om die fliek te gaan kyk.

Die regisseur, Jochim Ronning, het verklap dat hy met Angelina moes werk om die humor vas te vang. Ronning, wat ook die regisseur was van Pirates of the Caribbean 5 (met Johnny Depp) meen al die groot akteurs het beslis die gawe van humor.

Elle Fanning, wat perfek is vir die rol van die jong, onskuldige prinses, werk tans aan The Great en is ook tans op televisie te sien in Teen Spirit, ‘n rol waarvoor sy Pools moes leer en waarin sy ook sing. Sy wou glo nog altyd ‘n musical doen en het selfs planne gehad vir ‘n album. Toe ek daaroor uitvra, lag sy skaam en se sy is “te besig met rolprentprojekte op die oomblik.” Twee rolprente waarin sy ook verskyn, is tans in die post-produksie fase.

Chiwetel Ejiofor doen volgens my baie met ‘n kleinerige rol.

Margaret by die premiere van Maleficent

Op pad terug na my motor ervaar ek ‘n behaaglike warmte – die soort gevoel wat mens kry van puik vermaak en lekker gesels. Tipies van “tinsel town” is werkers reeds besig om die rooi tapyt op te rol. More gaan daar niks meer hier te sien wees van vanaand se glans nie – net die reuse advertensieborde wat die horison van Hollywood Boulevard domineer.

As jy ‘n kind het, neem hom of haar gerus om hierdie rolprent te gaan kyk.

En as jy nie kinders het nie, gaan kyk dit op jou eie. Dis lighartig met ondertone oor die omgewing en insluiting, en jy sal ook drie puik aktrises in aksie sien.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.