kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met MarethColleen

1. Hoe benader julle die modewêreld as jong ontwerpers en entrepreneurs in SA?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons vat dit dag vir dag! Daar is baie struikelblokke en uitdagings, maar ons leer konstant nuwe dinge. Om ’n kreatiewe beroep te hê, is baie lekker, maar mens moet besef dit is ook ’n besigheid en jou administratiewe afdeling verg baie tyd en aandag – ons kan nie net heeldag prentjies teken nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Wat was jul hoogtepunte in 2013?

Ons het verlede jaar voltyds begin saamwerk in die Kaap. Colleen het destyds van haar huis af gewerk in Malmesbury en ek het deur die dag ’n ander werk gehad in die stad. Ons kon slegs oor naweke bymekaar kom en besluite neem oor die besigheid. Laas jaar het Colleen Kaap toe getrek en ek het voltyds saam met haar begin werk. Dit was ’n groot stap vir ons besigheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie is jul gunstelingontwerpers?

Colleen – Alexander McQueen. Hy was ’n rebel wat baie rëels verbreek het. Sy absolute passie vir sy werk was sy beste kwaliteit.
Mareth – Stella McCartney. Sy ontwerp net klere wat sy self as vrou wil dra. Haar aanvoeling vir die bedryf en besigheidsetiek is inspirerend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Wat is jul gunstelingitem in julle Herfs/Winter 2013/14-versameling?

Ons kralewerk bly altyd spesiaal. Om sulke lang ure aan een item te werk, maak ’n mens vreeslik geheg daaraan.Ons nekstuk (sien foto bo) en brokaatrok (sien foto onder) met kralewerk is definitief ons gunstelinge vir die winter.

5. Hoe sal julle 24-uur in die pragtige Kaapstad spandeer?

Mareth: Ek sal die oggend êrens gaan stap soos op Tafelberg, in die Silvermine Natuur Reservaat, Deer Park of Tokara se woude. Daar is so baie wandelpaaie im die stad en almal is ongelooflik mooi. Daarna sal ek by ’n lekker restaurant soos La Bohéme of Maria’s gaan eet en wyn drink.

Colleen: Dit is vir my die lekkerste om saam met iemand op die promenade te gaan draf in die oggend. Daarna moet ek ’n lekker ontbytplek besoek soos Sequoia. Ek en Mareth is altyd op soek na nuwe ontbytplekke. Die beste kuier in die Kaap is om op ’n windstil middag saam met vriende buite te braai.

Kralewerk nekstuk deur MarethColleen

Besoek MarethColleen sewebblad by www.marethcolleen.com of koop iets uit hul pragtige reeks op hul blog by http://www.marethcolleen.com/blog/

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.