Ons program vir die Sanlam Cape Town Marathon op 21 September in samewerking met Elana Meyer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Van die negende week verander die program elke week. Ons hoop jy is nou al lekker fiks en dat jy nie toelaat dat die minder ideale weer van die winter jou program ontspoor nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Laat ons weet hoe jou oefenprogram vorder en stuur vrae en wenke aan rooirose@caxton.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wenk vir die week
Oefen op ’n leë maag as jy sukkel om gewig te verloor. As jy matige oefening gaan doen (nie jou lang hardloopsessie oor die naweek nie) kan jy jou liggaam forseer om vet te verbrand as jy na die nag se vas, oefen sonder om iets te eet. Maak seker dat jy agterna eet. Maar hou dit binne perke. Dit help nie jy balanseer die energie wat jy verbrand het met die energie wat jy agterna inneem nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Week 9
Maandag: 50 minute (*R)
Dinsdag: rus
Woensdag: 30 min (*R), 30 min (*V)
Donderdag: Rus
Vrydag: 10 min (*R), 5x1km (*V) met 2 min rus tussenin
Saterdag of Sondag: 1h30 min (*M)
*(R) Rustig: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – ongeveer 7:45min/km
*(M) Medium: hartklop tusse 140-155 slae per minuut, pas – 7:08min/km
*(V) Vining: hartklop tussen 155-170 slae per minuut, pas – 6:20 min/km
*(I) Interval: hartklop 165 slae per minuut en hoër, pas – 5:51min/km
*(LSA) Lang Stadige Afstand: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – 7:45min/km
*tydtoets (time trial) so vining as wat jy die afstand kan hardloop.
*Bekende atleet Elana Meyer het ’n program oor vier maande vir ons ontwerp en sal jou van ’n half marathon tot ’n volle marathon kry met 5h00 as jou mikpunt. Die Sanlam Cape Town Marathon se afsnypunt is ’n rojale sewe uur, so jy het sommer baie ekstra tyd as dit jou eerste marathon is.
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.