Wenk
42 km voel soos 100 km as jou sagte plekkies begin skaaf. Tref voorsorg deur tepels toe te plak met pleisters (dit geld veral mans) en iets oos Bodyglide for Her (beskikbaar by Sportsmans Warehouse) op alle moontlike skaafplekkies te smeer.
Week 17
Maandag: 50 minute (*R) ingesluit 6 *strides
Dinsdag: rus
Woensdag: 40 min (*R), 20 min (*V)
Donderdag: Rus
Vrydag: 40 min van afwisselend 1 min (*R), 1 min (*I) pas
Saterdag of Sondag: 1h30 (*LSA)
*(R) Rustig: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – ongeveer 7:45min/km
*(M) Medium: hartklop tusse 140-155 slae per minuut, pas – 7:08min/km
*(V) Vining: hartklop tussen 155-170 slae per minuut, pas – 6:20 min/km
*(I) Interval: hartklop 165 slae per minuut en hoër, pas – 5:51min/km
*(LSA) Lang Stadige Afstand: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – 7:45min/km
*tydtoets (time trial) so vining as wat jy die afstand kan hardloop.
* “Strides” vinniger as wedrentempo, maar nie voluit.
*Bekende atleet Elana Meyer het ’n program vir ons ontwerp en sal jou van ’n half marathon tot ’n volle marathon kry met 5h00 as jou mikpunt. Die Sanlam Cape Town Marathon se afsnypunt is ’n rojale sewe uur, so jy het sommer baie ekstra tyd as dit jou eerste marathon is.