Ons program vir die Sanlam Cape Town Marathon op 21 September in samewerking met Elana Meyer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } Wenk
Probeer om een keer ’n week ’n sessie kragoefeninge in die gimnasium te doen om jou spiere te versterk. Swak buigspiere in jou heupe (hip flexors) kan tot verskeie beserings soos knieë, “Archilles”, “IT-band” en dyspier (hamstring) aanleiding gee.
Oefeninge
– Staan op jou regterbeen en lig jou linkerknie tot jou bobeen parallel met die vloer is. Hou vir 10 sekondes. Doen drie stele van 10 herhalings aan beide kante.
– Sit met ’n goeie postuur in ’n stoel en lig jou regterknie verby 90 grade na jou bors toe sonder om jou bobeen kant toe te rol. Wag ’n paar sekondes en laat stadig sak. Doen drie stele van 10 aan beide kante. (Jy kan dit sommer voor jou rekenaar of televisie doen, solank jy regop sit en die sitplek gelyk en stewig is. Dus nie ’n super sagte rusbank waarin jy sit-lê nie.
* Vir meer oefeninge, besoek www.runnersworld.com/the-body-shop/flex-benefits
Week 13
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); } Maandag: 60 minute (*R) ingesluit 6 *strides
Dinsdag: rus
Woensdag: 25 min (*R), 35 min (*V)
Donderdag: Rus
Vrydag: 8 km tydtoets*
Saterdag of Sondag: 3h 30min (*LSA)
*(R) Rustig: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – ongeveer 7:45min/km
*(M) Medium: hartklop tusse 140-155 slae per minuut, pas – 7:08min/km
*(V) Vining: hartklop tussen 155-170 slae per minuut, pas – 6:20 min/km
*(I) Interval: hartklop 165 slae per minuut en hoër, pas – 5:51min/km
*(LSA) Lang Stadige Afstand: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – 7:45min/km
*tydtoets (time trial) so vining as wat jy die afstand kan hardloop.
* “Strides” vinniger as wedrentempo, maar nie voluit.
*Bekende atleet Elana Meyer het ’n program oor vier maande vir ons ontwerp en sal jou van ’n half marathon tot ’n volle marathon kry met 5h00 as jou mikpunt. Die Sanlam Cape Town Marathon se afsnypunt is ’n rojale sewe uur, so jy het sommer baie ekstra tyd as dit jou eerste marathon is.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.