kategorieë: FiksheidGesondheid

Marathon-oefenprogram: Week 10

Ons program vir die Sanlam Cape Town Marathon op 21 September in samewerking met Elana Meyer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons hoop jy hou nog by met ons marathonprogram. As ’n griep of verkoue jou plattrek; moenie moed verloor nie. Rus tot jy beter is en begin dan stadig. Oefen as jy siek is, is niks lekker nie en boonop baie onverstandig. Onthou, ’n griepvirus kan jou hartspier aantas en as jy dan hard oefen voor jy herstel het, kan jy selfs permanente skade aan jou hart rig. Vir meer inligting oor oefen met griep en verkoues, besoek: http://www.home.trainingpeaks.com/blog/article/the-athlete-s-survival-guide-to-the-cold-and-flu-season

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Laat ons weet hoe jou oefenprogram vorder en stuur vrae en wenke aan rooirose@caxton.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk vir die week
Oefen op ’n leë maag as jy sukkel om gewig te verloor. As jy matige oefening gaan doen (nie jou lang hardloopsessie oor die naweek nie) kan jy jou liggaam forseer om vet te verbrand as jy na die nag se vas, oefen sonder om iets te eet. Maak seker dat jy agterna eet. Maar hou dit binne perke. Dit help nie jy balanseer die energie wat jy verbrand het met die energie wat jy agterna inneem nie.

Week 10
Maandag: 55 minute (*R)
Dinsdag: rus
Woensdag: 25 min (*R), 35 min (*V)
Donderdag: Rus
Vrydag: 8 km tydtoets*
Saterdag of Sondag: 2h45 min (*M)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*(R) Rustig: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – ongeveer 7:45min/km
*(M) Medium: hartklop tusse 140-155 slae per minuut, pas – 7:08min/km
*(V) Vining: hartklop tussen 155-170 slae per minuut, pas – 6:20 min/km
*(I) Interval: hartklop 165 slae per minuut en hoër, pas – 5:51min/km
*(LSA) Lang Stadige Afstand: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – 7:45min/km
*tydtoets (time trial) so vining as wat jy die afstand kan hardloop.
*Bekende atleet Elana Meyer het ’n program oor vier maande vir ons ontwerp en sal jou van ’n half marathon tot ’n volle marathon kry met 5h00 as jou mikpunt. Die Sanlam Cape Town Marathon se afsnypunt is ’n rojale sewe uur, so jy het sommer baie ekstra tyd as dit jou eerste marathon is.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.