kategorieë: Reis

Mantovani, Welkom

Naam
Mariette Snyman en ’n vriendin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
Mantovani Gastehuis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Welkom in die Vrystaat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer
7 tot 9 September 2012

Soort akkommodasie
Dubbelkamers, waarvan een rolstoelvriendelik is. Twee kamers is ingerig as wittebroodsuites.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tariewe
Enkel: R550 per kamer
Dubbel: R650 per kamer
Kinders: op aanvraag
Meer inligting by 057 352 1738

Atmosfeer
Landelik en verwelkomend

Waar ons oorgeslaap het
Elk in ‘n knus en gerieflike dubbelkamer

Waar ons geëet het
’n Gesellige ontbyt in die restaurant – ons was skoon jaloers ondat die lekker Vrystaatse jogurt nie in Gauteng beskikbaar is nie!
Sonja se aandete kan beskryf word as boerekos met flair – die biefbraaistuk sal ek nie lig vergeet nie, en die gebakte poeding met vla in aanvallige outydse teekoppies het my hart gesteel.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Sonja en Kobie se gasvryheid. En die besonderse lampe, waarvan een ’n amusante naam het wat ek liefs verswyg – dié moet jy maar self gaan uitvis!

Musiek in verskillende sleutels

Sodra jy laat blyk dat jy weet wie Mantovani is, gee jy jou ouderdom weg. Dalk moet ek bieg en klaarkry – as student het ek met kalfsoë op die maat van sy orkesmusiek gedroom. Vir my simboliseer dié musiekman „the good life“, dit wat die hart ligter en die lewe die moeite werd maak.

Ek twyfel of Annunzio Paolo Mantovani ooit sy voete op die Vrystaatse platteland gesit het, maar in Welkom dra ‘n gastehuis sy naam. Hier het Sonja en Kobie Schutte die laaste ses jaar ‘n holte vir die voet geskep. Nie sommer so nie, maar met sorg – soos die Matjhabeng Toekenning vir die Beste Gastehuis 2011-2012 getuig.

Buite koer die duiwe in die groot bome en binne, vrees ek, lei die mooi oudhede en lampe my in die versoeking om die tiende gebod te oortree. My kamer is aanskoulik – die geborduurde linne, swart fluweel- en dieprooi aksente en lanternlampe langs die bed sou seker die Italianer se goedkeuring weggedra het.

Die badkamer slaan my asem weg. (Reg geraai, dis die wittebroodsuite dié!) Twee ruim storte met ‘n paar spuitkoppe elk, warm ligte teen die plafon, spierwit handdoeke en ‘n jacuzzi. Die jacuzzi het veroorsaak dat ek ‘n keer of wat amper laat was vir die terapiesessies waarvoor ek en Suzanne in Welkom was en waaroor ons nog in rooi rose en op www.rooirose.co.za sal skryf.

In ‘n aftydjie was ons by die naaste mall met sy reuserenoster – Mantovani is binne stapafstand van verskeie winkelsentrums geleë, en ook gerieflik na aan die hoofroetes. Ons het gou agtergekom hoekom Welkom die sirkelstad genoem word; dis die een verkeersirkel op die ander, en ons het die enigste twee verkeersligte pligsgetrou met die nodige respek bejeën.

Speel daar in die gastehuis darem van Mantovani se musiek? Ek was so besig om op die kos en geselskap te konsentreer dat ek nie behoorlik opgelet het nie. Mooi musiek, dié was daar wel. Dalk is die belangrikste dat ons in harmonie en met stille bedagsaamheid ontvang is, wat nogal deurslaggewend kan wees as jy allerhande onverwagshede in terapiesessies ontdek …

Besprekings en meer inligting by 083 597 1891, www.mantovani.co.za of sonja@mantovani.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

14 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

16 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

19 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

2 days Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

2 days Gelede