kategorieë: Gesondheid

Mans en vrugbaarheid: 4 dinge wat dit beïnvloed

1. Los die sauna ’n Baie warm bad en saunas verhoog die temperatuur van die testikels soveel dat die sperme kan beskadig en vrugbaarheid verminder. ’n Louwarm bad of stort is meer in lyn met babaplanne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Vra vir bokserbroekies vir kersfees Ja, jou broeke maak saak. Sperme verkies ’n temperatuur effens koeler as jyself. Jou liggaam reguleer die temperatuur van jou testes deur dit effens te laat uitsak op warm dae en dit nader aan die lyf te trek op koeler dae. Stywe onderklere en skinnies dwing egter die testikels heeltyd teen die lyf en keer hierdie natuurlike afkoelmeganisme, tot nadeel van jou sperme en jul swangerskapsukses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Die werkfaktor Jou werk kan jou vrugbaarheid beïnvloed, soos trokbestuurders wat lang ure aaneen sit en ‘broei’ en sweisers wat in warm omstandighede werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Die stookfaktor Jy rook jou sperme dood en/of flou. Rokers vorm minder en boonop swakker sperme.

Lees ook: Swanger bo 40

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.