Doeltreffende skuldbestuur is die sleutel om beheer oor jou finansiële situasie te neem. Dit is nie altyd maklik nie, maar met dié raad kan jy ‘n paar tree vorentoe gee om skuldvry te word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Skuld is ʼn onvermydelike deel van die menslike ervaring. Boonop staan ons voor ʼn unieke uitdaging – ʼn verbruikerskultuur wat onmiddellike bevrediging onophoudelik aandryf, sê Carla Oberholzer, skuldadviseur van Debtsafe. Kombineer dit met maklike toegang tot krediet, en jy is in die perfekte storm om beheer oor jou finansies te verloor. Daarom is skuldbestuur ʼn uiters noodsaaklike strategie om jou finansiële situasie onder beheer te hou. Carla verduidelik wat skuldbestuur is, en hoe dit jou kan help.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Wanneer jy jou skuld effektief bestuur, verwys dit na die feit dat jy weet wat in jou finansies aangaan. Jy handhaaf selfdissipline, ondersoek deurlopend wat jy kan verbeter aangaande jou skuldrekeninge en verpligtinge en jy bestuur jou sake só dat selfs ‘n onverwagse verandering of noodsituasie (byvoorbeeld Covid-19-veranderinge) jou nie só omver gooi dat jy nie uit ‘n skuldgat kan kom nie. Kortom, skuldbestuur is ʼn uiters noodsaaklike strategie om jou finansiële situasie onder beheer te hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Effektiewe skuldbestuur is nie ‘skuldherwinning’ nie. Skuldherwinning is wanneer n verbruiker byvoorbeeld ‘n kredietkaart gebruik om ander skuld af te betaal en keer op keer dieselfde doen sonder om voor te bly. Dit is ‘n senutergende siklus en is nie volhoubaar nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Skuld kan ‘n mens angstig maak. Hoe kan ek my denke rondom skuld vernuwe sodat ek my skuld in die nuwe jaar beter kan aanpak?
Skuld is nie iets nuuts nie en die negatiewe stigma rondom skuld moet afgebreek word. Enigiemand kan in ‘n erge skuldsituasie beland. As jy skuld het, beteken dit nie jy het dit moedswillig aangegaan nie. Dit maak mos nie sin nie – die lewe gebeur. Plus, die meeste van ons het nie die geleentheid gehad om fundamentele opvoeding oor finansies of skuld as kind te bekom nie. Moenie jouself daaroor kasty nie. En, moenie jouself vergelyk met diegene om jou nie – mense se aksies en woorde kan misleidend voorkom. Fokus op jou situasie en probeer negatiewe gedagtes met ‘n positiewe stelling vervang. Byvoorbeeld, jy dink: “Kyk in watse penarie is ek – ek sal nooit hieruit kom nie…”. Vervang dit met: “Ek sien my situasie vir wat dit is, maar ek is proaktief besig om dit te probeer omdraai, stap vir stap”. Maak so :
Beantwoord hierdie drie vrae om jou eerste skuldbestuurstap in plek te kry:
Doen dit só:
Om skuld te prioritiseer, beteken nie dat jy sekere skuld nie hoef af te betaal nie; jy moet steeds jou maandelikse verpligtinge nakom. Om jou skuld te prioritiseer, beteken dat jy die skadelike (slegte) skuld identifiseer en jou begroting gebruik om maniere te vind om hierdie tipe skuld gouer af te betaal. Skuld wat jou finansiële waarde verhoog, moet in ‘goeie skuld’ gegroepeer word en skuld sonder enige langtermyn-waarde kan op jou lys van ‘slegte skuld’ geplaas word.
Die Nasionale Kredietreguleerder bied ‘n lys onder ‘registrants’ van geregistreerde entiteite of beraders aan: http://www.ncr.org.za/#.
Deur Maretha Botes
Lees ook: Maak geldslim kinders groot
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Hierdie webwerf gebruik koekies.