Many colorful straws stacked on top of each other. istock
9 Maniere om plastiekvry te lewe deur: Cornel Dunn en Elandrè Swart. JK21/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Gebruik herbruikbare winkelsakke
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Kies iets soos ’n opvou-koelsak, dit werk perfek om produkte in te vervoer en koud te hou tot jy by die huis kom.
Lees ook: Herwin tuis
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Bring jou eie water:
Moenie water in plastiekbottels koop nie. Sit ’n filtrasiestelsel op jou krane by die huis en koop ’n glas- of metaalbottel waarin jy dit vervoer.
Lees ook: 10 stappe nader aan ’n zero waste-lewenstyl
Bring jou eie koffiehouer
Ecoffee Cup is ’n nuwe generasie van hernubare wegneem-koffiehouers. Die houers word gemaak van die wêreld se vinnigste groeiende plant: bamboes. Die Ecoffee cup is BPA- en ftalaat-vry.
Lees ook: Maak koffie soos ’n barista
Sê nee vir plastiekstrooitjies
Koop ’n vlekvryestaalstrooitjie pleks van plastiekstrooitjies. Hierdie strooitjie kan maklik in jou handsak pas, en het ʼn skoonmaakborsel.
Lees ook: Organiese materiale in jou huis
Koop jou brood by ’n bakkery
Koop vars brood by ’n bakkery wat papiersakke gebruik. Hierdie brood het boonop minder preserveermiddels in.
Lees ook: Basiese brooddeeg
Vermy vloeibare seep in plastiekhouers
Belê in ’n glasseephouer en koop net die hervulsakkies. Jy kan ook koekies seep koop met minimale papierverpakking.
Lees ook: ’n Klottervrye huis
Vermy kleefplastiek
Draai eerder jou toebroodjies in waspapier of papier met ’n byewaslagie toe.
Lees ook: Jy kan glas herwin
Piekniektyd
Vervang plastiekeetgerei deur hout of bamboes. Kies ’n glashouer met ’n deksel vir verpakking.
Lees ook: Somertyd is piekniektyd
Higiëne
Daar is verskeie bamboestandeborsels op die mark, asook tandepasta wat in ’n glasflessie verpak word.
Lees ook: Herwin gebreekte grimering só
Faithful to Nature |faithfultonature.co.za
Yuppiechef |yuppiechef.com
Woolworths |woolworths.co.za
Takealot |takealot.com
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.