Aandag alle Gwen Stefani-aanhangers: Gwen en nael-guru, OPI, het saamgespan om hierdie asemrowende beperkte-uitgawe-reeks naellak vry te stel. OPI gebruik Gwen Stefani se styl en musiek as inspirasie vir dié reeks. ’n Pragtige bloedrooi sakering wat Gwen se kenmerkende rooi lippe weerspieël, vorm ook deel daarvan, die skakering word genoem – “Over & Over A-Gwen”
Die reeks bevat 7 skakerings en ons is veral gaande oor die unieke name wat gekies is vir elkeen: Love.Angel.Music.Baby; 4 in the Morning; Push and Shove; Hey Baby, I Sing in Color.