Ons het Essie se pragtige waterkleur-naellak gebruik en blommotiewe geskep vir ’n lente-voorkoms! Ons wys jou stap-vir-stap hoe:
Dit het jy nodig:
’n Ovaal akriel-borseltjie
’n Houertjie naellakverwyderaar
’n Klein vierkantige stukkie foelie
Hierdie Essie-skakerings:



Stap 1

Wend ’n basislagie aan jou naels, en wend 2x lagies van die wit Essie Blanc-skakering aan jou naels.Stap 2
.jpg)
Wend ’n paar druppels van die blou skakering (“Lapiz of Luxury”) op die foelie. Druk die borseltjie in die naellak-verwyderaar en druk saggies in die druppels naellak op die foelie.
Druk saggies die borseltjie op eke nael om klein blommetjies te verf.Stap 3

Herhaal stap 3 met die pers “Play Date” skakering en maak seker jy verf oor die blou skakering om daardie gewenste “waterkleur”-effek te ry.
Stap 4
Herhaal stap 2 en 3 met die perske skakering “Tart Deco”. Maak seker die kleure vloei mooi inmekaar in. Seël die ontwerp met ’n deursigtige bo-lagie.