In die winter sien ons van die mooiste sonsondergange nog! Ons is deur Essie geïnspireerd om hierdie sonsodergang-mani te probeer:
Dit het jy nodig:
’n Grimeersponsie (die driehoekige sponsies werk die beste)
Essie Naellak kleure in Good as Gold; Meet me at Sunset; Fifth Avenue
Stap 1
Wend ’n basis-lagie aan jou naels, dit beskerm jou naels en laat jou manikuur ook langer hou!
Stap 2
Wend een lagie van die Essie skakering “Good as Gold” op jou naels en wag totdat dit droog is.
Stap 3
Wend nou op jou grimeersponsie ’n lagie van die volgende Essie skakerings aan: “Good as Gold” gevolg deur “Meet me at Sunset” daarna: “Fifth Avenue”. Laat die verskillende skakerings in mekaar loop om ’n “ombre” effek te verkry.
Stap 4
Druk sagkens die spons 1/4 van jou naelbed af op jou nael. Druk saggies op elke nael.
Stap 5
Seel jou pragtige sonsondergang-ontwerp met ’n bo-lagie.