Dit het jy nodig: OPI Nail Lacquer in Keeping Suzi at Bay; Essie Professional Application In Blanc; ’n skoon grimeersponsie.
Stap 1
Wend die blou naellak as jou basislagie aan. Verf nog ’n laag aan indien nodig.
Stap 2
Meet met jou nael en wend genoeg van die wit naelpolitoer op die boonste hoek van die grimeersponsie aan en daaronder genoeg van die blou – die twee kleure moet effens inmekaar vloei.
Stap 3
Druk dan liggies met die sponsie op die nael (die wit hoek moet op die naelbedgedeelte kom) en herhaal twee of drie keer totdat jy tevrede is.
WENK Die bolaag sal die twee kleure van die ombré-kuns inmekaar laat vloei.