Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit propvol suiker. Hierdie weergawe is lekker vars en romerig met baie minder suiker. Mango’s is laer in koolhidrate (15 g per 100 g) sodat die totale suikerinhoud van die tert nie so hoog is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maklike pynappelgranita:

  • 500 g (1 groot ) pynappel, geskil en in blokke gesny
  • 250 ml (1 k) klapperroom
  • 250 ml (1 k) klapperwater
  • gerasperde skil van 2 lemmetjies

#rrWenk: Maak die granita die dag voor die tyd, dis heerlik en verfrissend. Dis lekker saam met die tert maar kan ook net so geëet word.

Kors:

  • 125 ml (70 g) geroosterde makadamianeute
  • 60 ml (20 g) klapper
  • 126 ml (60 g) gemaalde amandels
  • 15 ml (1 e) heuning
  • 15 ml (1 e) klapperolie
  • knypie sout
  • 1 eiergeel

Vulsel:

  • 30 ml (2 e) gelatienpoeier
  • 45 ml (3 e) water
  • 500 g mango’s (omtrent 3 middelslag-mango’s) geskil en in blokkies gesny
  • 400 ml-blikkie (2 k) klapperroom
  • 125 ml (½ k) makadamianeutbotter (koop dit by gesondheidswinkels of sekere supermarkte)
  • uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 groot lemmetjie of 2 kleintjies
  • knypie sout
  • 1 mango, geskil en fyn verwerk in die voedselverwerker

Opdiening:

  • 1 mango, geskil en in skyfies gesny
  • vars klapper in skaafsels gesny
  • vars lemmetjies in kwarte gesny
  • vars kruisementblare

Metode

Granita

  1. Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  2. Skep die mengsel in ’n plat, reghoekige oondpan of metaal-bak en maak met kleefplastiek toe. Sit vir 4-6 uur in die vrieskas, haal uit en laat staan ’n rukkie buite om sag te word.
  3. Krap die granita met ’n vurk om die yskristalle los te woel. Sit terug in die vrieskas tot benodig.

Kors

  1. Voorverhit die oond tot 160 ˚C. Smeer ’n 20 cm-losboom-tertpan met botter.
  2. Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn krummels vorm. Skep die mengsel in die voorbereide pan en druk die krummels met jou vingers eweredig uit om ’n kors te vorm.
  3. Bak vir 10 min. of tot goudkleurig. Haal uit en laat afkoel.

Vulsel

  1. Sprinkel die gelatien oor die water in ’n klein bakkie om te spons.
  2. Meng die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
  3. Skep die puree in ’n groot mengbak. Smelt die gelatien vir 25-40 sek. op die ontvriesstelling van die mikrogolf (moenie laat kook nie!) Gooi die gesmelte gelatien in ’n dun straaltjie
    by die mangomengsel en meng goed.
  4. Gooi die mangomengsel in die kors. Gooi die ekstra mangopuree bo-oor en trek dit liggies deur met ’n vurk. Sit vir 2-3 uur in die yskas om te set.
  5. Haal voor opdiening uit die yskas en tooi met ekstra mangoskywe, vars klapperskaafsels, lemmetjies, kruisementblare en laastens die pynappelgranita.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

11 hours Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

12 hours Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

15 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

1 day Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

1 day Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

1 day Gelede