kategorieë: Ons menseBekendes

Mandi du Plooy-Baard is vanaand terug in Diepe waters

Mandi du Plooy-Baard was voorheen in Diepe Waters te sien as Theresa. Sy en Jacques (Werner Coetzer) was jare gelede kortstondig saam en sy het swanger geraak. Jacques se pa, Gys, was woedend en hulle moes die swangerskap wegsteek. Dit het uiteindelik uitgekom dat Johan, wat Sanet en Rossouw as hulle eie die kind groot gemaak het, die baba is wat weggesteek moes word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nou is Theresa terug … Mandi vertel meer oor haar terugkeer vanaf Maandag 10 Junie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Hierdie keer ontmoet hulle ’n nuwe Theresa. Oftewel, die ware Theresa. Dit beteken nie alles verloop maklik en vlot nie, maar haar hart is ligter en sy is vasbeslote om haarself weer te vind en haar lewe terug te wen.


Ek is mal oor die diepte van my karakter. Die seer in haar donkerste tyd, haar vrese, maar ook haar egte menswees. Dit is ’n karakter wat vir mens die geleentheid bied om wonderlike storielyne aan te pak en belangrike stories te vertel wat gehoor moet word.


Sjoe, dis moeilik. Ek dink so ja, want ek kan nie dink hoe mense eerstens so opgekrop kan loop nie. En ek weet nie hoé mense al die leuens kan onthou nie.


Madeleine McCann, die meisie wat in Brittanje weggeraak het en Inge Lotz se moordsaak. Ná al hierdie jare spook dit sake nog by my. Ek kan my nie indink dat hulle arme ouers steeds nie “closure” kan kry nie.


Ek doen gereeld oorklankingswerk en motiveringspraatjies en is ook tans besig om aan Leon van Nierop se nuutste radiovervolgverhaal te werk. Radioteater is beslis ’n hoogtepunt vir my en iets wat ek elke dag sal kan doen. Verder is ek mamma, so dit hou my baaaaie besig!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Trix Vivier oor die dapper dramareeks ‘Juffrou X’


Ek het al die voorreg gehad om teenoor ongelooflike Suid-Afrikaanse akteurs te speel en by hulle te leer. Dit bly ’n lekkerte om vir die eerste keer saam met iemand te werk, nuwe talent of ouer ervare akteurs. Maar ek dink tog ek neig na ’n Hollywood akteur of twee. Sandra Bullock – ek is mal oor haar as aktrise – en Gerard Butler waaroor ek sekerlik nie nodig het om oor uit te brei nie.


Ek het baie beslis die beste pa in die wêreld (behalwe vir my kinders wat net so ’n fantastiese pa het) en ek ken nie nog iemand wat altyd so ’n positiewe uitkyk kan behou nie. My pa laat altyd ’n mens beter voel wanneer hy daar wegloop, want hy straal hoop! En selfs wanneer hy self al struikelblokke in die pad gehad het, het hy steeds die vermoë gehad om die positiewe daarin raak te sien.

Diepe waters is van Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met komediant Shimmy Isaacs oor haar Showmax-sitkom, Mince jou hare

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hou groen vakansie

Volhoubare, verantwoordelike toerisme is in die hande van elkeen wat soms ’n wegkomkans kry. Soek…

1 day Gelede

Tiramisu

Genoeg vir 4. Bestanddele   3 ekstragroot eiergele 30 g strooisuiker 5 ml (1 t)…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Beer Adriaanse oor ‘Niggies’ en sy intensste rol nóg

Die ontvoering en moord van twee 12-jarige meisies in 1966 op die Vrystaatse dorpie Odendaalsrus…

1 day Gelede

6 wenke vir mondhigiëne waarvan jy nie weet nie

Ons skoonheidsdirekteur het onlangs die indrukwekkende Enamel Clinic besoek en een of twee dinge geleer…

1 day Gelede

Beestong-broodjie

Kook weer soos Ouma. Hierdie beestong-broodjie is ’n staatmaker! Deur Vickie de Beer. Foto deur…

2 days Gelede

Beetslaai met bokmelkkaas

’n Verfrissende slaai met roket, bronkers, beet, bokmelkkaas, rooi uie en balsemiekasyn. Deur Vickie de…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.