Ons grootste missie is om dit vir almal ’n lekker dag te maak. Dit lyk dalk maklik, maar om oulike geskenkpakke te maak is ’n uitdaging.
Deidré Loubser (Bemarking en Kompetisies), bedel leen en steel om elke geskenkpak spesiaal te maak. Met ’n oop hart en ’n groot glimlag!
Trotse Suid-Afrikaanse Musiek! Melissa Fourie (Produksie Assistent) help met die sortering van die CD’s.
Verpakking van die geskenkpakke vir die groot dag, 18 Julie 2012.
Ons by rooi rose glo daar is geen geskenkpak voltooi sonder ’n paar tydskrifte nie.
Suné Kotzé (Bemarking & Promosies Koördineerder assistent) help met die tydskrifte
Suné Kotzé (Bemarking & Promosies Koördineerder assistent) help met die tydskrifte
Danksy aan Hannes en sy span sal ons elke inwoner verras met ’n Caxton tydskrif.
Vir ’n ekstra bederfie gaan die rooi rose-span masserings en peuselhappies vir die inwoners van Ekklesiapark ouetehuis gee.
Ons beoog om hierdie Mandela dag spesiaal vir almal te maak.
Ons beoog om hierdie Mandela dag spesiaal vir almal te maak.