Serves:14 klein doughnutsCooking Time:Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
14 klein doughnuts
Doughnuts
260 g (1 3⁄4 k) koekmeel
5 ml (1 t) koeksoda
knypie sout
1 eier
118 g (½ k) strooisuiker
15 ml (1 e) botter
62,5 ml (¼ k) karringmelk
7,5 ml (½ e) appelkooskonfyt
2,5 ml (½ t) fyngerasperde lemoenskil
30 ml (2 e) lemoensap
7,5 ml (½ e) asyn
750 ml (3 k) olie vir diepbraai
250 g mascarpone vir opdiening
Sous
80 ml (⅓ k) botter
180 ml (3⁄4 k) room
105 g (½ k) suiker
80 ml (⅓ k) water
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
Instructions
Sif die koekmeelblom, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.
Klits die eier in ’n ander bak en voeg die strooisuiker geleidelik by. Meng tot lig en romerig.
Verhit die botter, karring-melk, appelkooskonfyt, lemoenskil, lemoensap en asyn in ’n middelslagkastrol. Roer terwyl jy die mengsel verhit sodat dit nie skif nie.
Vou die meelmengsel in die eiermengsel in, gevolg deur die bottermengsel.
Sous
1 Verhit al die bestanddele in ’n klein kastrol oor matige hitte, roer tot die suiker gesmelt het en die sous begin verdik. Laat afkoel.
2 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol tot 170 ˚C.
3 Skep 1 teelepel van die deeg op ’n slag in die olie en braai so 3-4 doughnuts saam vir 1-2 min. aan ’n kant of tot goudkleurig. Lig elkeen uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
4 Skep die warm doughnuts in die sous en laat week vir 1 min. Lig met ’n gaatjieslepel uit en pak op ’n mooi opdienbord.
5 Sit voor met die ekstra stroop en ’n skeppie mascarpone in die middel. Smul!