1 Voer ’n 24 cm x 34 cm-oond-pan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Sit ’n ster-spuitpunt aan ’n spuitsak wat met kleefwerende kossproei gespuit is.Malvalekkerrose
Ingredients
Instructions
2 Sit die gelatien en 250 ml (1 k) koue water in ’n bak en meng. Hou eenkant en laat spons. Verhit die suiker, glukose en water in ’n kastrol oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is. Sit ’n suikertermometer in die stroop en laat die mengsel tot 120 °C kook. Sny die vanieljepeul in die lengte oop en krap die saadjies met ’n mes uit. Roer deur die warm suikerstroop.
3 Smelt die gelatien op die ontvriesstelling van die mikrogolfoond, of oor ’n bakkie kookwater. Sit in die mengbak van ’n elektriese menger en voeg die kookwater by die gelatienmengsel terwyl die menger met ’n stadige spoed meng.
4 Voeg die warm suikerstroop versigtig by die gelatienmengsel. Gooi ’n bietjie pienk kleursel by en verhoog die spoed.
5 Klits die mengsel vir 4-6 min. tot lig, dik en skuimerig en dit begin afkoel. Hou aan klits as dit nie verdik nie. Meng intussen die versiersuiker en mielieblom en hou eenkant.
6 Gooi die mengsel in die spuitsak en spuit roosvorms op die oondpan. Bedek met kleefplastiek en laat stol op ’n koel plek (nie in die yskas nie) vir sowat 4 uur of oornag.
7 Doop die malvalekkers in die versiersuiker-en-mielieblom-mengsel en skud die oortollige af.
Doen dit reg
Strooi ’n dun lagie suiker onderin die bak waarin lekkers verpak word sodat hulle nie vog trek nie. Maak seker die bak seël dig en draai dit sommer ook nog met kleefplastiek toe.