kategorieë: GebakKos

Makrolletjies met witsjokolade-ganache

• 300 g amandelmeel
• 300 g versiersuiker
• 300 g strooisuiker
• 100 g water
• 110 g eierwitte
• 30 g strooisuiker
• 110 g eierwitte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gekaramelliseerde witsjokolade-ganache
• 280 g Lindt-witsjokolade, gekap
• 5 ml (1 t) sout
• 180 ml (3⁄4 k) room

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 140 °C.
2 Voer 4 groot bakplate met bakpapier uit. Gebruik ’n koekiedrukker en trek sirkels met ’n deursnee van 5 cm op die bakpapier.
3 Sif die amandelmeel en versiersuiker drie keer saam deur ’n fyn sif. Maak seker jy het 600 g van die mengsel ná jy gesif het.
4 Meng die strooisuiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en kook tot dit 113 °C op ’n suiker-termometer bereik.
5 Hou die suiker dop maar begin solank om die eierwitte en 30 g strooisuiker saam tot sagte punte te klop. Gooi die suikerstroop in ’n dun straaltjie by die eierwitte terwyl jy aanhoudend klits. Klits totdat die meringuemengsel heeltemal afgekoel is.
6 Meng die oorblywende 110 g eierwitte by die amandelmengsel in tot dit goed deurgemeng is.
7 Vou die amandelmengsel in by die meringue in die mengbak. Vou die mengsel in tot dit sag en amper loperig is. Dit belangrik om die mengsel nie te veel te meng nie. As dit te loperig raak, sal dit nie mooi doppies vorm nie.
8 Skep die mengsel in ’n spuitsak en spuit sirkels op die voorbereide bakplate. As dit ’n puntjie vorm wat nie wegsak nie, het jy dit nie goed genoeg gemeng nie. Skep dit dan eerder uit die spuitsak en meng nog so een of twee keer deur. Die makrolletjies sal glansend wees en die punt sal vanself wegsak as dit korrek is.
9 Laat staan die makrolletjies vir 20-40 min. by kamertemperatuur om uit te droog. Die bokant moenie meer klewerig voel wanneer jy liggies met jou vingerpunte daaraan raak nie.
10 Bak vir 15 min. Haal uit en laat heeltemal afkoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vulsel
11 Voorverhit die oond tot 250 °C.
12 Sit die witsjokolade in ’n oondpan. Bak vir 15-20 min. Roer die sjokolade elke 5 min. met ’n rubberspaan of houtlepel deur. Hou so aan tot die sjokolade begin verkleur en karamelliseer.
13 Haal uit en voeg die sout by. Skep die sjokolade in ’n groot mengbak.
14 Verhit die room in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot kookpunt. Haal van die hitte af en gooi by die witsjokolade in die mengbak. Klits met ’n elektriese klitser tot egalig.
15 Sit vir 2 uur in die yskas. Skep die witsjokolade-ganache in ’n spuitsak. Spuit die ganache op die een helfte van elke makrolletjie en maak toe met nog een.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

5 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

5 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

8 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

12 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.