Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Begin reeds die vorige dag met die granita.
Waatlemoengranita
• 500 ml (2 k) waatlemoen, in blokkies gesny
• uitgedrukte sap van ’n halwe lemmetjie
• 6 kruisementblare
Spanspek in basiliekruidstroop
• ½ winterspanspek
• ½ geel spanspek
• ½ waatlemoen
Stroop
• 250 ml water
• 250 ml strooisuiker
• ’n handjie vol kruisementblare
• ’n handjie vol basiliekruidblare en ekstra blaartjies vir opdiening
• uitgedrukte sap van halwe lemmetjie
Instructions
1 Vries die waatlemoen oornag in ’n metaalbak. 2 Verwerk die bevrore waatlemoen, lemmetjiesap en mentblare in ’n voedselverwerker tot die mengsel ’n growwe, granitatekstuur het. Gooi in ’n plastiekbak wat dig sluit en sit terug in die vrieskas.
Stroop 3 Verhit die water, suiker, kruie en lemmetjiesap vir sowat 7-9 min. oor lae hitte tot die suiker gesmelt is en die stroop effens verdik het. Die stroop moenie borrel en taai raak nie. 4 Trek van die hitte af en laat effens afkoel. 5 Gooi die stroop in ’n glas- of plastiekmaatbeker en verwerk tot glad met ’n stokmenger, of in ’n voedselverwerker. 6 Skep met ’n balletjielepel balletjies uit die spanspekke en waatlemoen en pak op mooi opdienbordjies of bakkies uit. Sprinkel die stroop oor die spanspek. 7 Haal die granita net voor opdiening uit en sit saam met die vrugte in die stroop voor.