~
Sluit 'n lekker kuier af met vrugteroomys in prettige horinkies. Ons het groot suikerhorinkies gekoop en die bokante afgesny om oulike, klein horinkies te maak.1 Kap die aarbeie ruweg en kook oor matige hitte tot sag. Haal af en laat afkoel.
2 Meng die jogurt en kondensmelk, voeg die aarbeie by en meng goed.
3 Skep die roomys in ’n klein broodpannetjie.
4 Bedek met kleefplastiek.
5 Vries oornag en sit bolletjies roomys in die horinkies voor.