Genoeg vir sowat 12 klein of 1 groot quiche Vulsel Deeg Vulsel Maklike varkpasteitjies en quiche
Ingredients
Instructions
Quiche
Deeg
500 g meel
240 g botter
200 g roomkaas
90 ml (6 e) water
4 eiers
125 ml (½ k) room
sout en gemaalde swartpeper
1 kg botterskorsieblokke, gerooster
80 ml (? k) pistasieneute
125 g bloukaas
’n hand vol pietersielie, gekap
1 Verwerk al die bestandele saam in ’n voedselverwerker tot dit ’n bal vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 1 uur in die yskas.
2 Rol die deeg 5 mm dik op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit.
3 Sny 12 cm × 8 cm-sirkels uit die deeg en voer quichepannetjies of ’n 20 cm-losboompan daarmee uit. Laat vir 20 min. in die yskas rus.
4 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer die pannetjies met bakpapier uit en vul met droë bone of keramiekballetjies. Bak vir 20 min. blind tot ligbruin. Haal die bakpapier en bone uit en bak vir nog 10 min. Laat afkoel.
5 Klits die eiers en room saam en geur met sout en peper. Hou eenkant.
6 Pak die pampoen, pistasieneute, bloukaas en pietersielie in die tertkors en gooi die eiermengsel oor.
7 Sit op ’n bakplaat en bak by 180 °C tot die eiermengsel gestol het - sowat 60 min. vir die groot tert of 20-25 min. vir die kleintjies. Laat effens afkoel en sit voor.