kategorieë: KosWinterkos

Maklike toevousampioenpasteitjies

Genoeg vir 4.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 10 ml (2 t) elk olie en botter
  • 1 ui, baie fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 60 ml (. k) brandewyn
  • 80 ml (? k) haselneute, liggies gerooster en gekap
  • 45 ml (3 e) tiemieblaartjies

Pasteie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 4 reuse- bruin sampioene (steak mushrooms)
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 1 x 400-500 g klaarbereide blaardeeg, ontdooi
  • 1 eier, liggies geklits
  • 30 ml (2 e) botter
  • 30 ml (2 e) tiemieblaartjies
  • 300 g eksotiese sampioene, soos sjimeji, enoki en sjiitake

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Maak eers die haselneutkrummel

  1. Smelt die botter en olie in ’n pan en braai die uie en knoffel tot deurskynend en sag.
  2. Gooi die brandewyn by en laat wegkook. Voeg die haselneute en tiemie by en braai vir nog 3-4 min.
  3. Hou eenkant.
  4. Sit die bruin sampioene op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en peper en bak vir 15 min. tot net sag. Laat afkoel.
  5. Rol die blaardeeg liggies op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. Sny vier 12 cm x 12 cm vierkante en verf die deeghoekies met eier.
  6. Vou elke gebakte sampioen met die hoekies van die deeg toe en verf met die res van die eier.
  7. Strooi 30 ml (2 e) van die haselneutkrummel oor elke sampioen.
  8. Bak vir 25 min. tot goudbruin en gaar.

Braai intussen die ander sampioene

  1. Smelt die botter en tiemie saam en braai die sampioene tot goudbruin en gaar.
  2. Sit die sampioenpasteie met die gebraaide eksotiese sampioene en ’n paar marjoleintakkies voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.