Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Soteer die ui en knoffel tot goudbruin. Voeg die ansjovisfilette by en meng goed. Breek die pasta in die helfte en voeg by.
Voeg die tamaties, olywe en kappertjiesaad by. Meng goed tot die pasta met die tamatie bedek is. Sit ’n deksel op die kastrol en laat vir 3 min. oor lae hitte prut.
Haal die deksel af, verhoog die hitte en voeg die wyn en water by. Meng goed sodat die pasta nie onderin die kastrol vassit nie. Voeg nog water by indien nodig en kook die pasta vir 20 min. tot al dente.
Haal die kastrol van die hitte af. Voeg die tuna en pietersielie net voor opdiening by en strooi die parmesaan oor.