kategorieë: KersfeesKosNagereg

Maklike panettone

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 60 g droë bosbessies
• 100 g droë vye, fyn gekap
• 250 ml (1 k) muskadel
• 115 g sagte botter
• 3 eiergele
• 2 eiers
• 2,5 ml (½ t) kaneel
• 530 g koekmeel
• 10 ml (2 t) kremetart
• 7,5 ml (1½ t) koeksoda
• 250 ml (1 k) melk
• 200 g suiker
• 1 takkie roosmaryn, blaartjies fyn gekap
• 100 g donkersjokolade, fyn gekap
• gerasperde skil van 2 lemoene

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sproei 8 klein panettone- of kolwyntjiepapiertjies met kooksproei.
2 Week die bosbessies, vye en muskadel vir ’n uur in ’n bakkie.
3 Room die botter, eiergele en eiers met ’n elektriese menger tot lig en donsig.
4 Dreineer die vye en bosbessies.
5 Voeg die kaneel, koekmeel, kremetart, baksoda, melk, suiker, roosmaryn, donkersjokolade, lemoenskil, vye en bosbessies by die eiers in die bak van die menger en meng totdat ’n deeg vorm.
6 Skep die deeg in die voorbereide papiertjies.
7 Bak vir 20-25 min. of tot goudbruin en gaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

3 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.