Maklike mikrogolf-suurlemoensmeer
Serves: 5 x 250 ml-botteltjies
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 5 x 250 ml-botteltjies
- • 310 ml (1¼ k) botter
- • sap van 6 groot suurlemoene
- • 680 ml (2¾ k) strooisuiker
- • 5 ml (1 t) sout
- • 9 ekstragroot eiers
Instructions
1 Smelt die botter in ’n diep, mikrogolfvaste bak in die mikrogolf. Voeg die suurlemoensap, suiker en sout by en meng goed.
2 Klits die eiers baie goed en roer by die suurlemoenmengsel in.
3 Mikrogolf vir 4 min. Roer elke minuut. Toets of die smeer dik genoeg is deur ’n houtlepel daarin te steek en as die agterkant van die lepel met ’n dikkerige lagie bedek is, is dit reg.
4 Indien nie, mikrogolf vir nog 1 min. en toets weer. (Die smeer word dikker namate dit afkoel.)
5 Bottel die smeer terwyl dit warm is en seël dadelik. Berg op ’n koel, droë plek of in die yskas.
Resep: Die lekkerste botterbroodjies (skons)
Resep: Heerlike gebottelde smeer
Michelle Nortje
Lees Meer
Vinnige salmpasta
18/12/2024
Spogspyskaart vir Kersfees
18/12/2024
Blitsidees met perskes
17/12/2024