Bestanddele
- 2 eiervrugte, in 1 cm-skywe gesny
- 30 ml (2 e) avokado-olie
- Sout en gemaalde swartpeper
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 2 wortels, fyngerasper
- 1 x 410 g blik heel, geskilde tamaties, in die sap fyngedruk
- 7,5 ml (1½ t) kaneel
- 1 x 410 g-blik lensies
- ’n handvol gekapte pietersielie
Bolaag
- 250 ml (1 k) Griekse jogurt
- 1 eier
- 100 g feta, gekrummel
Instruksies
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sprinkel die helfte van die olie oor die eiervrug en geur na smaak. Braai stuk-stuk oor matige hitte aan albei kante tot gaar. Hou eenkant tot benodig.
- Verhit die res van die olie oormatige hitte in ’n groot pan en soteer die uie, knoffel en wortel vir 3 min. daarin tot sag.
- Gooi die tamaties (en die sous), kaneel en lensies by en prut vir 10 min.
- Roer die pietersielie deur en haal van die hitte af.
- Pak die eiervrug en lensiemengsel in lagies en eindig met ’n lagie eiervrug.
- Meng die jogurt, eier en feta en gooi oor die lensiemengsel. Bak tot die bolaag geset en goudkleurig is – sowat 40 min. vir individuele bakkies en ’n uur vir ’n gesinsgrootte bak.
