Voorverhit die oond tot 180 °C.Maklike lensiemoesaka
Ingredients
Instructions
1. Sprinkel die helfte van die olie oor die eiervrug en geur na smaak. Braai stuk-stuk oor matige hitte aan albei kante tot gaar. Hou eenkant tot benodig.
2. Verhit die res van die olie oormatige hitte in ’n groot pan en soteer die uie, knoffel en wortel vir 3 min. daarin tot sag.
3. Gooi die tamaties (en die sous), kaneel en lensies by en prut vir 10 min.
4. Roer die pietersielie deur en haal van die hitte af.
5. Pak die eiervrug en lensiemengsel in lagies en eindig met ’n lagie eiervrug.
6. Meng die jogurt, eier en feta en gooi oor die lensiemengsel. Bak tot die bolaag geset en goudkleurig is - sowat 40 min. vir individuele bakkies en ’n uur vir ’n gesinsgrootte bak.