Instructions
1 Sit die bosbessies, appelkose en perskes in ’n middelslag-kastrol en gooi die lemoenlikeur daarby. Laat prut liggies vir 10 min. of tot die likeur in die vrugte ingetrek het en die vrugte sag is. Trek van die hitte af en laat afkoel.
2 Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 27 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
3 Meng die botter en suiker vir 5 min. in die bak van ’n elektriese menger tot lig en donsig. Gooi die lemoenskil by. Voeg die eiers een vir een by en meng goed ná elke toevoeging.
4 Sif die koekmeel en bakpoeier in ’n middelslagmengbak. Gooi dit by die eiermengsel. Voeg die melk by. Meng goed deur.
5 Vou die droëvrugte en neute met ’n metaallepel versigtig in die koekmengsel in. Gooi die koekmengsel in die koekpan.
6 Bak vir 45-50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Maak intussen die stroop en die geglaseerde sitrusringe.
Stroop
1 Verhit die lemoensap en suiker in ’n klein kastrol tot kookpunt. Laat die stroop vir ’n minuut of twee kook tot dit effens verdik. Laat afkoel.
Geglaseerde sitrus
1 Vul ’n groot bak met yswater en sit eenkant. Verhit ’n middelslagkastrol vol water oor hoë hitte, blansjeer die lemoen-, suurlemoen- en pomeloringe vir 1 min. daarin. Dreineer en koel dadelik af in die yswater. Dreineer.
2 Meng die suiker en water in ’n middelslagkastrol en verhit oor matige hitte. Roer totdat die suiker opgelos is. Laat prut liggies vir 5 min. Skep die sitrusringe in die stroop en laat vir 45-60 min. liggies prut oor lae hitte. Draai die sitrusringe elke 15 min. om. Skep uit die stroop en laat op ’n afkoelrak afkoel.
3 Haal die koek uit die oond en laat vir 5 min. afkoel voordat jy dit op ’n draadrakkie uitkeer. Druk met ’n tandestokkie gaatjies in die koek en gooi die stroop oor die koek. Laat verder afkoel. Versier die koek met die geglaseerde sitrusringe.
4 Sit met mascarponeroom voor.