kategorieë: GebakKosSomerkos

Maklike klapper-en-aarbei-fudge

Die meeste gesondheidswinkels verkoop klapperbotter. Jy kan jou eie maak deur sowat 500 ml (2 k) fyn, droë klapper vir 15-20 min. in ’n voedselverwerker te verwerk tot ’n dik pasta vorm. Skraap die sykante deurlopend af sodat die mengsel voortdurend met die lemme in aanraking kom. Geur met ’n knypie sout.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 120 g vars aarbeie, stingels afgesny
  • 250 ml (1 k) klapperbotter
  • 60 ml (¼ k) klapperolie
  • 15 ml (1 e) heuning

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Voer ’n 20 cm x 30 cm-pannetjie met bakpapier uit.
  2. Verwerk die aarbeie in ’n voedselverwerker of met ’n stokmenger tot glad.
  3. Smelt die klapperbotter, klapperolie en heuning oor lae hitte in ’n klein kastrol.
  4. Gooi die klappermengsel op die bakplaat.
  5. Gooi die aarbeisous hier en daar oor en trek dit deur met die agterkant van ’n lepel om ’n marmereffek te kry.
  6. Sit in die yskas tot die fudge geset het. Keer op ’n skoon werksvlak uit en sny in blokkies.
  7. Hou die fudge in die yskas.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.