Die meeste gesondheidswinkels verkoop klapperbotter. Jy kan jou eie maak deur sowat 500 ml (2 k) fyn, droë klapper vir 15-20 min. in ’n voedselverwerker te verwerk tot ’n dik pasta vorm. Skraap die sykante deurlopend af sodat die mengsel voortdurend met die lemme in aanraking kom. Geur met ’n knypie sout.
Bestanddele
- 120 g vars aarbeie, stingels afgesny
- 250 ml (1 k) klapperbotter
- 60 ml (¼ k) klapperolie
- 15 ml (1 e) heuning
Metode
- Voer ’n 20 cm x 30 cm-pannetjie met bakpapier uit.
- Verwerk die aarbeie in ’n voedselverwerker of met ’n stokmenger tot glad.
- Smelt die klapperbotter, klapperolie en heuning oor lae hitte in ’n klein kastrol.
- Gooi die klappermengsel op die bakplaat.
- Gooi die aarbeisous hier en daar oor en trek dit deur met die agterkant van ’n lepel om ’n marmereffek te kry.
- Sit in die yskas tot die fudge geset het. Keer op ’n skoon werksvlak uit en sny in blokkies.
- Hou die fudge in die yskas.