Meng 1 middelslag groenkool, fyngesny met 60ml sout. Vryf die sout goed in die kool in. Sit iets swaar op die kool soos ’n bord met blikkies bo-op en laat staan vir 2 ure. Was die sout af en dreineer in ’n sif vir 15min. Druk al die water uit die kool. Maak ’n pasta van 15ml gekapte knoffel, 5ml gerasperde gemmer, 5 ml suiker, 45ml water en 15-45ml rooirissiepoeier (afhangend hoe branderig jy dit wil maak) meng die pasta deur die kool met 6 radyse, fyngesny en 6 sprietuie, fyngekap. Skep die kimchi in ’n groot fles, maak toe en laat staan vir tot 5 dae by kamertemperatuur om te fermenteer. Hou dit daarna in die yskas.Maklike Kimchi
Instructions