Maklike kaassoufflés
Ingredients
- 250 ml (1 k) vars broodkrummels
- 225 ml (¾ k) gekapte pietersielie
- 225 ml (¾ k) melk
- ¼ ui, in dun skywe gesny
- 1 lourierblaar
- ’n raspertjie neutmuskaat
- 6 heel swartpeperkorrels
- 40 g botter
- 40 g koekmeel
- 4 groot eiers, geskei
- 200 g (2 rolletjies) bokmelkkaas
- ’n hand vol pietersielie, gekap
- ’n hand vol sprietuie, gekap
- sout en swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 100 °C. Jy benodig 6 oondvaste bakkies of ramekins met ’n inhoudsmaat van 180 ml.
1 Meng die broodkrummels en pietersielie. Sprei die mengsel op ’n oondpannetje uit en droog in die oond uit. Haal uit en stel die oond op 180 °C.
2 Verhit die melk, ui, lourierblaar, neut en peperkorrels in ’n middelslagkastrol tot net onder kookpunt. Gooi die melk deur ’n sif om van die ui, lourierblaar en peper ontslae te raak.
3 Smelt die botter in ’n middelslagkastrol en voeg die meel by, meng goed en kook vir 3 min. tot ligbruin. Gooi die melk by en roer met ’n houtlepel totdat die mengsel verdik en van die kante van die pot wegtrek. (Moenie bekommerd wees as dit baie dik lyk nie, dis veronderstel om so te lyk.) Kook vir nog 2 min. oor matige hitte.
4 Haal van die hitte af en laat effens afkoel. Voeg die eiergele een vir een by en meng deeglik ná elke byvoeging. Krummel die kaas in en meng deur. Dit maak nie saak as daar nog 1 of 2 klontjies kaas sigbaar is nie.
5 Klop die eierwitte in ’n ander bak tot sagte punte vorm. Vou die eierwitte liggies by die witsousmengsel in.
6 Smeer 6 oondvaste bakkies met botter en strooi die kruie-en-broodmengsel daarin - skud die ergste, los krummels uit. Verdeel die mengsel tussen die bakkies en sit die bakkies in ’n diep oondpan. Sit die pan in die oond en gooi kookwater daarin tot die bakkies halflyf in die water staan. Bak die soufflés vir 20 min.
7 Haal die pan baie versigtig uit en lig die bakkies uit die water. Laat afkoel. 8 Keer die soufflés uit die bakkies en sit op ’n bakplaat. Bak die soufflés net voor opdiening vir ’n tweede keer vir 30 min. by 180 °C en hulle sal weer oppof. Sit onmiddellik met die parmesaanroomsous voor.