kategorieë: Wenke

Maklike grimering

Probeer hierdie maklike wenke om die mooiste in jou uit te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

* Gebruik deurskynende maskara of ’n wimper-optimaliseerder om jou wimpers te help skei en te keer dat die maskara smeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

* Steek donker kringe weg met ’n perske of geel-toon verbloemer. Hierdie kleure neutraliseer die pers kleur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

* ’n Maklike selfdoen wenk is om ’n teelepel in warm water warm te maak. As jou maskara droog is, stoot jou wimpers liggies terug met die lepel. Hou vir ’n paar sekondes vir die beste krul.

* Lyk die lyne rondom jou oë erger nadat jy grimering aangewend het? Rond grimering af deur ’n klein bietjie room aan jou oog-area te tik om dit douvars te laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

* Maak wit oogomlyner jou geheime wapen. Wend dit aan die binnekant van jou oogrand aan om moegheid en rooiheid te verbloem.

* Tint jou wimpers en wenkbroue self pleks van om na die salon te gaan. Daar is ’n paar pakette by jou plaaslike skoonheidsmiddelswinkel beskikbaar om jou hiermee te help.

* Perfekte wenkbroue: Hoe smaller jou gesig, hoe dunner moet die buitenste kante van jou wenkbroue wees. As jy ’n wyer gesig het, moenie jou wenkbroue te dun pluk nie want dit sal die breedte beklemtoon.

* Laat jou lippe voller lyk deur lipglans in ligte kleure te gebruik. Dit weerkaats die lig en laat jou lippe voller en sexier lyk!

* Is jou grimeerverwyderaar op? ’n Stukkie watte, gedoop in koue melk, werk ongelooflik. Dit is sag op jou vel.

* Hou wilde wenkbroue in plek deur haarsproei op ’n ou, skoon, droë tandeborsel te spuit en die wenkbroue liggies te borsel. Dit sal die hele dag hou. Jy kan ’n tikkie petroleumjellie anwend vir ’n glans-afronding.

* Berei jou lippe voor deur onder-oog-verbloemer eerste aan te wend. Dit maak die lipkleur egalig en keer dat jou lipstiffie vloei.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

33 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

46 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.