Maklike glutenvrye plaasvervangers vir jou gunsteling-kosse deur Salomé Delport. Hooffoto: Vie studios vir Pexels
Planne vir glutenvry
Dis nie so maklik om glutenvry te eet nie, want die gewone alternatiewe vir brood soos koeskoes, spelt, rog, bulgur en semolina bevat óók gluten. Gelukkig is daar heerlike alternatiewe wat algemeen beskikbaar is en maklik is om tuis aan te hou.
Vervang dit so:
Pasta
Vervang deur rys, gerasperde kopkool, manna, aartappels, polenta, bokwiet
Pizza
Vervang deur kapok-aartappels, kopkoolpizza
Bulgur
Vervang deur rys, quinoa, bokwiet, amarant en vars, geblikte of bevrore mielies
Koeskoes
Vervang deur rys, quinoa, mielies, bokwiet, amarant
Semels
Vervang deur hawermout
Brood
Vervang deur polenta, patatskywe, ryskoekies, mieliekoekies
Koek
Vervang deur sjokolade, melkskommel, roomys, jellie, mousse, jogurt.
Hooffoto: Vie studios vir Pexels