Maklike gemmerbier – sonder gis deur Vickie de Beer
Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 100 g gemmer, geskil en grof gekap
- 1 suurlemoen, gekap
- 300 ml water
- 100 g suiker
- 1 liter limonade of sodawater, vir opdiening
- 2 lemmetjies, vir opdiening
Metode
- Plaas die gemmer, suurlemoen en water in ’n bak, verwerk met stokmenger. Gooi deur ’n sif en druk die pulp om soveel vloeistof moontlik te verwyder.
- Gooi in ’n bottel en verkoel.
- Voeg die limonade of sodawater voor opdiening by. Garneer met lemmetjieskyfies.