Maiale al latte (vark murgsag gekook in melk). Resep deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Lindy Kriek
Maiale al latte (vark murgsag gekook in melk)
Ingredients
- • 1 ontbeende varknek, omtrent 2,2 kg
- • 30 ml (2 e) seesoutvlokkies
- • 45 ml (3 e) olyfolie
- • 2 heel knoffelknolle, in die dwarste middeldeur gesny
- • 3 preie, in die lengte deurgesny en deeglik gewas
- • 1 vinkelknol, in die lengte in 3 dele gesny
- • 1,5 liter volroommelk
- • 2 groot bossies vars salie, hou ’n paar takkies uit vir die opdienslag
- • 6-8 tiemietakkies
- • 1 roosmaryntakkie
- • 3 lourierblare
- • dik gesnyde skil van 1 suurlemoen
- Sagte polenta
- • 800 ml volroommelk
- • 200 ml room
- • 110 g polenta
- • 7,5 ml (1½ t) seesoutvlokkies
- • 80 g botter
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 160 ˚C.
Sny die nek in twee ewe groot stukke. Geur die vleis goed met die sout en laat eenkant staan.
2 Verhit die olie in ’n groot oondbestande swaarboomkastrol met ’n deksel. Braai die vleis alkant tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
3 Verlaag die temperatuur effens en gooi die knoffel, preie en vinkel in die kastrol. Braai vir 7-8 min. tot goudkleurig.
4 Sit die vleis terug in die kastrol en gooi die melk, kruie en suurlemoenskil by. Maak dig toe met die deksel. Sit vir 2½ uur in die oond. Draai die vleis elke 30 min. om.
5 Haal die deksel af, sit die kastrol terug in die oond vir nog 20 min. of tot die vleis sag is en die melk afgekook het.
Polenta
6 Gooi die melk en room in ’n middel-slagkastrol en verhit oor matige hitte. Hou maar mooi dop. Gooi die polenta in ’n dun straaltjie by die melk terwyl jy dit deurentyd met ’n draadklitser roer.
7 Kook die polenta vir 5 min. tot dit begin verdik en verlaag dan die tempe-ratuur. Laat prut saggies vir 30 min. tot dit gaar en dik is. Roer dit elke nou en dan deur. Geur met sout.
8 Smelt die botter in ’n pannetjie oor matige hitte en voeg die salie wat jy uitgehou het by.
9 Braai die botter tot neuterig en goudkleurig. Trek van die hitte af en hou eenkant.
10 Sny die vleis in dik skywe en sit voor met die sagte polenta met die salie-bruinbotter bo-oor gesprinkel.